Span Jou Tyd In Vir GodVoorbeeld

Using Your Time for God

DAG 2 VAN 4

Koop Jou Tyd Uit

Tyd is 'n groot gelykmaker. Dit is die een bron wat vir almal in gelyke hoeveelhede afgemeet word. Elke persoon kry dieselfde aantal ure per dag. Vir besige mense word daar nie 'n spesiale tydbonus by hul dag gevoeg nie. Die horlosie het geen gunstelinge nie.

Ons almal het elke dag ewe veel tyd. Hoe ons daardie toegelate tyd gebruik is wat die verskil maak. Wanneer jy iets loskoop, red jy daardie iets uit 'n slegte toestand. In hierdie geval verwys die slegte toestand na vermorsing. Om tyd te mors, beteken dat jy dit wy aan iets wat min of geen waarde het nie.

Wyle Vince Lombardi is bekend vir die volgende spreekwoord: "Ek het nooit 'n wedstryd verloor nie, ek het net nie genoeg tyd gehad nie." Die spreekwoord is 'n goeie verduideliking van die mees dramatiese aspek van sport — die wedloop teen tyd. Die span wat die toegelate tyd die beste gebruik, is die span wat wen. Anders as in die regte lewe, is daar egter tye in 'n wedstryd wanneer jy 'n blaaskans kry, want die stophorlosie kan enige tyd gedruk word. Daar is egter geen blaaskans in die regte lewe nie.

Coram deo: Leef in God se teenwoordigheid

Vra vir God om vir jou te wys wanneer jy tyd mors op onbenullighede of dinge van geen waarde nie.

Kopiereg © Ligonier Ministries. Kry 'n gratis boek van R.C. Sproul by Ligonier.org/freeresource.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Using Your Time for God

'n Vierdag oordenking van R.C. Sproul oor hoe om jou tyd vir God te gebruik. Elke oordenking moedig jou aan om in God se teenwoordigheid, onder sy gesag en tot sy eer, te leef.

More

Ons bedank Ligonier Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: Ligonier.org/youversion