Span Jou Tyd In Vir GodVoorbeeld
Gebruik Jou Tyd Wys
Ek het al 'n paar vaardighede aangeleer wat my help om my tyd wys te gebruik. Dit mag jou dalk help.
Ek besef dat al my tyd God se tyd is en dat die tyd wat ek het deur Hom aan my toegeken is. God besit my en my tyd. Tog het Hy tyd vir my afgemeet waaroor ek die rentmeester is. Ek kan daardie tyd gebruik om vir ander mense te werk, om ander mense te besoek, ens. Ek moet egter van al hierdie tyd verslag doen.
Met konsentrasie en fokus kan ek my tyd goed benut. Van die grootste vermorsing van tyd gebeur in ons gedagtes. Ons hande is dalk besig, terwyl ons gedagtes op 'n ander plek is. Net so kan ons hande niks doen nie, maar ons gedagtes baie besig wees. Om ingedagte te wees, te dagdroom en te fantaseer oor ligsinnighede is 'n manier om tyd te mors. As ons fokus op die taak waarmee ons besig is en ernstig daarop konsentreer, maak ons goeie gebruik van ons tyd.
Ons kan ons gedagtes laat gaan terwyl ons alledaagse take meganies verrig. Byvoorbeeld, om te stort is nie moeilik nie. Terwyl jy stort is jou verstand vry om probleme op te los, kreatief te dink of verskillende projekte uit te dink. Baie van my boodskappe en lesings word in die stort gebore. Toe ek nog baie gholf gespeel het, het ek die tyd tussen houe gebruik om boodskappe in my gedagtes te formuleer.
Coram deo: Leef in God se teenwoordigheid
Wees vandag bewus van wat in jou gedagtes aangaan. Probeer om waardevolle tyd uit te koop gedurende meganiese take, deur aan dinge, wat ewigheidswaarde het, te dink
.Kopiereg © Ligonier Ministries. Kry 'n gratis boek van R.C. Sproul by Ligonier.org/freeresource.
Aangaande hierdie leesplan
'n Vierdag oordenking van R.C. Sproul oor hoe om jou tyd vir God te gebruik. Elke oordenking moedig jou aan om in God se teenwoordigheid, onder sy gesag en tot sy eer, te leef.
More