Maria Was 'n MaVoorbeeld
Ek, my man, en ons klomp kinders was een dag na kerk op pad huis toe. Ons was amper tuis, toe een van die kinders vra: "Haai, waar is die baba?" Ja. Ons het ons baba, Katie, vas aan die slaap, in die kerk se babakamer vergeet. Ons het bitter vinnig omgedraai en teruggekeer kerk toe en soos aaklige, onverantwoordelike ouers gevoel. Daarna het my man altyd eers almal getel voordat ons gery het.
Maria en Josef het vir Jesus, toe hy net twaalf jaar oud was, verloor. Die gesin het heel waarskynlik saam met 'n groot groep mense gegaan om die jaarlikse fees van die Pasga by die tempel in Jerusalem te gaan vier. Hierdie roete is omtrent 193 km lank en sou dae lank geneem het om te loop.
Na die feesvieringe, toe die groep op pad terug is, het dit hulle twee dae geneem voordat hul besef het Jesus is nie saam met hulle nie. Ek is seker hulle was rasend van bekommernis. Dink jy nie hul sou elke persoon gevra het wat hul gesien het nie? Drie dae later kry hulle Hom! Hy sit in die tempel, onbewus van sy ouers se angs, besig om saam die leermeesters te sit en vrae te vra.
Toe sy ouers Hom sien, was hulle baie ontsteld. Sy moeder sê toe vir Hom: “Kind, hoe kon jy so iets aan ons doen? Kyk, jou vader en ek het angstig na jou gesoek.” (Lukas 2:48 AFR20)
Dis 'n vraag wat ons almal verkeerdelik vra: “Hoe kon jy so iets aan my doen?” Ons reageer vanuit ons selfgesentreerde harte en blameer eerder iemand anders voordat ons self die skaamte van ons swakhede en mislukkings moet dra.
Maar Hy antwoord hulle: “Waarom het julle na My gesoek? Het julle nie geweet dat Ek met die dinge van my Vader besig moet wees nie?” Lukas 2:49 AFR20. Jesus se antwoord aan sy ouers laat hul net weer onthou wat sy doel hier op aarde is.
Weereens het sy moeder, Maria all hierdie dinge in haar hart bewaar — sy dink en bewaar, weereens.
Sy moet vashou aan hierdie gedagtes en herinneringe want daar kom weer ''n tyd wat sy Jesus gaan verloor.
Sy is by hom wanneer hy 'n groot swaar hout kruis by 'n bult op dra. Hy blameer niemand anders nie, hy vra nie vrae nie. Maria se onskuldige seun, dra my sonde en skuld op sy moeë, stukkend geslaande skouers. Sy ma kyk deur haar trane hoe haar eersgeborene seun vir haar, vir my, vir jou, homself gewillig opoffer en aan die kruis vasgeslaan word en sy kop laat hang en sterf. Ek is seker dat Maria gedink het haar hart gaan breek.
Sy het Hom weer verloor. Hy is weg. Dit is verby.
Maar ons weet dit is nie! Weereens nadat Jesus vir drie dae lank weg is, kom die nuus: "Hy is nie hier nie, maar is opgewek! Onthou wat Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galilea was. Lukas 24:6 AFR20. Stel jou voor die geluk, die verwondering, van al die skatte wat sy in haar hart bewaar het, wat na vore kom toe sy hoor Hy is nie weg nie. Na al die jare wat sy hierdie Seun, wat ten volle mens en ten volle God is, dopgehou en gesien hoe Hy sukkel en streef daarna om altyd liefde, geluk, vrede en geduld vir geregtigheid te kies.
Diep binne haarself het sy onthou, het sy geweet.
Ons kan ook, soos Maria, weet, vertrou en glo dat die koers wat ons vir ons kinders kies in oorwinning kan eindig! Hy bewaar hulle, Hy is lief vir hulle en Hy maak 'n weg vir hulle al lyk dit asof daar geen weg is nie. Hy is 'n getroue God.
Jesus het opgestaan! Glo jy dit? Lewe jy vanuit hierdie waarheid?
Liewe Vader, dankie dat U my gevind het terwyl ek nog verlore was. Dankie dat U gewillig was om u lewe neer te lê vir my. Laat ek my hele hart gewillig vir U gee vir u lewe wat U so vrylik vir myne opgeoffer het. Wat 'n wonderlike ruiltransaksie!
Mag God se geluk in hierdie tydperk en altyd in jou hart groei terwyl jy jou hart, jou lewe, en jou kinders in sy liefdevolle, wyse, spyker-letsel hande plaas. Julle is nie verlore nie, julle is gevind!
Kom in verbintenis met Robin op Instagram deur op die volgende skakel te klik @manymeadows.
Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Vind verdere hulpbronne op YouVersion
Aangaande hierdie leesplan
Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.
More