Maria Was 'n MaVoorbeeld
Gister se Skrifgedeelte is nie die laaste van die moeilikhede waardeur Maria gegaan het nie. Ons weet dat Maria meer kinders as net Jesus, groot gemaak het. Kan jy jouself indink wat sy moes dink wanneer haar kinders stry kry en Jesus elke keer die regte, liefdevolle reaksie kies? Ek is seker sy moes met baie gedagtes diep binne haar geworstel het: " Is Hy regtig die Messias? Wat beteken dit vir hom, vir haar en vir haar ander kinders? Hoe gaan dit werk?
Sy sou die heeltyd haar gedagtes moes vasvang, anders sou dit haar oorweldig.
Maria se sterk geloof wys deur haar gewilligheid om te dien sonder om vrae te vra en ook weer in die liedjie wat sy geskryf het.
Haar geloof word weer, baie jare later, uitgebeeld.
Maria, Jesus, en sy dissipels is uitgenooi na 'n troue (Johannes 2). Dis 'n feesviering propvol geluk, lag en wyn. Die wyn begin toe opraak. Maria sien die nood raak en sy weet haar Seun is die oplossing, want sy ken Hom en sy glo in Hom. Selfs toe hy sê die tyd het nog nie gekom nie, het dit haar nie gekeer nie. Sy het net vir die diensknegte gesê om presies alles te doen wat Hy sê.
Is dit nie die definisie van geloof nie? Om op te tree in wat ons glo die waarheid is? Geloof is die bewys. Dit is standvastig. Geloof is om te doen wat Hy sê.
Jy ken die res van die verhaal. Omtrent 700 liter gewone water word in wyn verander! Kwaliteit wyn, nie goedkoop wyn nie. Die feesvieringe het aangehou!
Hierdie wynmaker is die Seun wie jou lief het en jou gekies het. Sy teenwoordigheid verander die natuurlike en maak dit bonatuurlik! Hy is die God van oorvloed, uitsonderlikheid en meer as genoeg! Hoe kan ons Hom nie vertrou met alles wat ons is en het nie?
Glo jy dat Hy alles doen wat goed is vir al jou omstandighede? Is Hy meer as genoeg vir jou? Sien jy dat Hy en sy voorsiening altyd goed is?
Liewe Vader! Help my in my ongeloof! Laat my geloof groei soos wat ek in gehoorsaamheid uittree in u Woord, en u maniere my eie maak.
Aangaande hierdie leesplan
Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.
More