Maria Was 'n MaVoorbeeld
Partykeer sê ons kinders goed wat ons harte seer maak. Alhoewel ons verstaan dat ons kinders nog jonk en onervare is, maak die "Ek haat jou" of die "Ek wens jy was nie my ma nie" nog steeds seer. Hoe ouer ons kinders word hoe meer maak van die goed wat hul sê seer. Dit is moeilik om in daardie oomblik die onervare hart van die woorde wat ons tref, en ou wonde kan oopkrap, te skei. Ons is seergemaak en sal gereeld in dieselfde manier as ons kinders reageer, wat ons op dieselfde vlak van volwassenheid as ons kinders plaas.
Ek wonder of Maria aan die einde van Matteus 12 hierdie gevoelens beleef? Jesus was die heeldag saam 'n groep mense besig om te preek, mense te genees en altyd meer van Homself aan ander te gee. Iemand stap nader om vir Hom te sê dat sy ma en broer daar is om Hom te sien.
Sy gesin het kom kuier! Ek kan Maria se opgewondenheid aanvoel, hoe trots sy is op haar eersgeborene, die verwagting van 'n stywe druk en 'n vrolike: "Hallo, ma".
Dit is moeilik om te verstaan, maar Jesus het sy gesin gesien en sy hand uitgesteek na sy dissipels met die woorde: “Kyk, hier is my moeder en my broers.”
Ek weet nie van jou nie, maar as ek Maria was en daardie gesprek moes hoor sou my hart in my skoene gesink het. Ek sou miskien gedink het: “Haai, jong! Ek is jou ma! Ek het jou in hierdie wêreld ingebring in 'n skuur! Moenie vergeet alles wat ek vir jou opgeoffer het nie!" My eie belang en trots sou, miskien nie uit my mond uit nie, maar definitief in my gedagtes ontplof het!
Ons lees nie wat volgende gebeur het nie, behalwe dat Jesus aanhou preek en ander bedien het. Was Maria seergemaak en beledig? Miskien. Sy kon moed opgegee het en teruggekeer het huis toe. Maar sy het nie. Sy het by Jesus gebly.
Sy het liefde bo seer gekies. Hoe is dit moontlik?
Ek glo dat sy woorde haar nie so seergemaak het nie want sy het Jesus met ope hande grootgemaak. Sy het geweet dat Hy nie aan haar behoort nie, dat sy lewe en doel onafhanklik van haar hoop en wense vir Hom was. Ek glo dit het haar ook geleer om haar ander kinders met ope hande groot te maak.
Ons kinders is geskenke, nie om te hou nie, maar om terug te gee aan die God wat hulle gemaak het as sy beeld. Hy weet wat die beste is vir hulle, en wat die beste is vir ons. Hy vra dat ons hul sal lief hê, hul deur ons voorbeeld na Jesus sal lei, hul laat opstyg en sweef! Om hul skuldig te laat voel, self beledig te voel, hul te manipuleer en te styf vas te hou gaan almal net seer maak.
Dit is moeilik om ons kinders as God s'n en nie ons s'n nie te sien, maar dit is die beste manier. Dis sy manier.
Hou jy te styf vas? Of is jou hande oop vir God se wil vir jou kinders?
Liewe Vader! Dit is so moeilik. Ek weet dat U verstaan, want U het u enigste Seun vir my opgegee. Gee my die moed om elke dag my kinders terug te offer aan U en die mooi daarin raak te sien! Alhoewel die dae soms lank voel, weet ek, die jare is kort en ek dank U vir selfs die moeilikste oomblikke. Laat ek nooit my die eer daarvoor toeëien vir my kinders se tekortkominge of sterkpunte nie, want ek weet hulle behoort aan U en is net aan my geleen. Dankie vir hierdie geskenk.
Aangaande hierdie leesplan
Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.
More