Leef 'n Beter LewensverhaalVoorbeeld

Living a Better Story

DAG 4 VAN 4

Tree op.

Die lewe sal redelik vervelig raak as ons niks daarmee doen nie. Om 'n beter lewensverhaal te hê, kan beteken om standpunt in te neem teen dinge wat jy weet verkeerd is, ook teen dinge wat jy glo moet verander, en op te tree vir dié dinge waaroor jy passievol is.

Dit beteken miskien vir jou om standpunt in te neem teen mense wat ander by die skool afknou. Miskien sien jy hoe een van jou broers of susters met iemand anders stry en jy verdedig daardie persoon. Dalk beteken dit dat jy iemand by die skool help wat met huiswerk sukkel. Miskien is dit om daar te wees vir 'n vriend in nood. Dalk beteken dit dat jy by ‘n uitreik gaan help wat hawelose mense ondersteun.

Wat is daardie iets — daardie een ding — waaraan jy weet jy vandag iets kan doen?

God het jou vir 'n doel geskep. Hy het jou geskep om goeie dinge te doen. Ons moet hierdie wete lewendig en aktief hou.

Stel dus vas hoe God jou kan gebruik en gaan doen iets daaromtrent.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living a Better Story

Ons leef almal 'n lewensverhaal, maar is ons almal se verhale die moeite werd om oor te vertel? In hierdie leesplan sal ons na vier maniere kyk hoe om ons lewensverhale te verbeter.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church