Leef 'n Beter LewensverhaalVoorbeeld
Selfvertroue.
Moses het nie in homself geglo nie. Hy het nie vertroue in sy vermoëns gehad nie. Hy het selfs met God gestry en Hom gesmeek om iemand anders te gebruik. Uiteindelik het hy God toegelaat om hom te gebruik. As gevolg daarvan het hy miljoene mense van slawerny gered. Moses moes eers sy onsekerheid oorkom om op daardie wonderlike manier gebruik te kon word.
Wat van jou? Het jy meer selfvertroue nodig?
Miskien glo jy die leuens dat jy nie goed genoeg, slim genoeg, mooi genoeg of gewild genoeg is nie.
God het jou gemaak wie jy is en Hy wil jou gebruik vir wonderlike dinge. Jy moet net vertroue in jouself hê.
Hier is vyf eienskappe van 'n selfversekerde persoon.
- Hulle glo in hulself.
- Hulle praat met gesag.
- Hulle kyk mense in die oë.
- Hulle is nie bekommerd oor wat ander van hulle dink nie.
- Hulle staan vir dit wat reg is, ongeag wát dit is.
Mense met selfvertroue beleef dikwels wonderlike lewensverhale.
Waar het jy dus meer selfvertroue in jou lewe nodig? Bid en vra God dat Hy jou selfvertroue in daardie gebied sal gee.
Jy kan verseker wees dat, wanneer jy met selfvertroue leef en glo dat God jou vir wonderlike dinge kan gebruik, jy sal sien dat jou lewensverhaal begin om beter te word.
Aangaande hierdie leesplan
Ons leef almal 'n lewensverhaal, maar is ons almal se verhale die moeite werd om oor te vertel? In hierdie leesplan sal ons na vier maniere kyk hoe om ons lewensverhale te verbeter.
More