Leef 'n Beter LewensverhaalVoorbeeld
Oorkom vrees.
Vrees hou mens gevange. Soos die liedjie in die rolprent, moet ons leer om te "Let It Go, Let It Go!" As jy nie weet waarvan ek praat nie, moet jy die rolprent Frozen gaan kyk.
Dit is wat vrees doen; dit hou ons gevange. Vrees verhoed ons om vorentoe te beweeg of om ‘n geleentheid aan te gryp. Ons sal nie ‘n wonderlike lewensverhaal kan hê voor ons nie geleer het om vrees agter te laat nie.
Soos jy uit die vers wat jy nou net gelees het, kan agterkom, kom vrees nie van God af nie. God het ons krag en liefde en selfbeheersing gegee.
Wanneer ons uit vrees leef, sal ons soveel goeie dinge misloop wat God vir ons in gedagte het.
Wat ons dus ook al vrees, moet ons leer om God daarmee te vertrou en dit aan Hom oor te gee.
Ons moet daardie einste ding wat ons vrees reguit in die gesig staar.
Wat vrees jy die meeste? Gee dit vir God, kyk dit reguit in die oë en weet dat dié wat hul vrese oorkom, lewensverhale sal hê wat die moeite werd is om oor te vertel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons leef almal 'n lewensverhaal, maar is ons almal se verhale die moeite werd om oor te vertel? In hierdie leesplan sal ons na vier maniere kyk hoe om ons lewensverhale te verbeter.
More