Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

DAG 6 VAN 7

"AKSIE — Tyd Om Op Te Staan"

Baie van ons haak by aksie vas. Ons weet wat gedoen moet word, het reeds op die platform geklim, maar ons kan net nie beweeg nie. Dit is een ding om die ontwaking te hê en selfs eerlik te wees oor wat gedoen moet word. Dis heeltemal 'n ander ding om die sprong te maak. In Lukas 15:20 (AFR20) lees ons die eenvoudige frase wat die verhaal van die "verlore seun" verander. Jesus het net gesê: "Hy het toe opgestaan …"

Hy het onmiddellik tot aksie oorgegaan. Hy het besef dat dit tyd was om op te staan. Dit was tyd om iets te doen. En tensy ons verhaal lees: "Hy het toe opgestaan" of "Sy het toe opgestaan," verander niks regtig nie.

Dit is hier waar OEA so baie van ons laat vashaak. Ons het 'n ontwakende oomblik, vind selfs die krag om brutaal eerlik te wees, maar kom nooit tot op 'n punt waar ons werklik iets anders doen nie. Ons bestee 'n groot deel van ons lewens vasgevang tussen eerlikheid en aksie.

Jy mag hier lees en dink: "Ek stem saam, maar ek is nie lus om iets daaromtrent te doen nie."

Dit mag dalk effens ongevoelig, of miskien 'n bietjie afgesaag klink; die waarheid is egter dat ons God moet gehoorsaam, selfs wanneer ons nie lus is nie. Wanneer ons God gehoorsaam, selfs sonder die motivering om dit te doen, sal ons gevoelens uiteindelik ons aksies inhaal.

Kyk weer na jou aksieplan vir die veranderinge wat jy moet maak. Jy het moontlik al voorheen die lys gemaak, op skrif of in jou kop, en jy weet wat dit is. Identifiseer die eerste stap, net soos die verlore seun toe hy gesê het: "Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: …" (Lukas 15:18). Hy het geweet wat hy moes doen en hy het dit gedoen. Vind uit wat jou eerste stap is en tree nou op, of jy lus het of nie. En jy mag vind dat onderweg, met God se hulp, aksies wat aanvanklik kunsmatig lyk, werklik kan word.

Het jy al ontwaak en was jy al eerlik met jouself, maar het toe nie die nodige aksies deurgevoer nie? Wat is die eerste stap wat jy kan neem om mee te begin?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?

More

Ons wil David C. Cook graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.dccpromo.com/aha/