Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld
"ONTWAKING — Kom Tot Jou Sinne"
Dikwels mis ons die alarms wat in ons lewens afgaan, omdat ons nie sensitief daarvoor is nie. Die sagte harp alarm sal nie voldoende wees nie — dit sal die skril alarm neem om ons wakker te maak. In plaas daarvan dat ons dus vroeg op die alarm reageer, druk ons telkens die sluimerknoppie. Die alarm word al hoe harder, totdat dit uiteindelik so onaangenaam is dat ons dit nie langer kan ignoreer nie. Dan word ons wakker, vryf ons oë, kyk om ons rond, net om te vind dat die verlore seun se varke ons omring, en wonder dan hoe dit gebeur het.
Hier is my vraag aan jou: Is daar alarms wat juis nóu in jou lewe afgaan?
Die Skrif gee 'n aantal voorbeelde van hoe God 'n alarm laat afgaan. Dikwels gaan die alarm vroeg af, om ons wakker te maak voordat alles uitmekaarval. Soms dink mense hulle moet die bodem tref voor hulle tot hul sinne kom, maar wat as God jou juis nou probeer wakker maak om jou latere hartseer in die "ver land" te spaar?
2 Kronieke 36:15 praat oor hoe God die alarm laat afgaan om sy volk te waarsku. Die uitdrukking "herhaaldelik sy profete gestuur om hulle te waarsku" verwys daarna om "vroegtydig op te tree." In hierdie konteks beteken dit Hy het die alarm laat afgaan toe die probleme waargeneem is.
En dan lees ons waarom Hy gewaarsku het: "… want Hy was begaan oor sy volk en sy woning ..." Hierdie alarms is vir ons beswil, omdat God ons liefhet.
* Is daar enige alarms wat jy tot nou toe geïgnoreer het, en eerder verkies het om in te sluimer as om wakker te word? Kan jy aan enige tyd dink toe God jou vroeë alarms laat hoor het om jou latere hartseer/sonde te spaar?
Aangaande hierdie leesplan
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?
More