Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld
"ONTWAKING — Wis Tye Van Nood Uit"
Ek het onlangs gelees van 'n eksperiment wat die sielkundige, Jonathan Haidt, gedoen het. Hy het met 'n fassinerende hipotetiese oefening vorendag gekom, wat min of meer so afgeloop het:
Deelnemers het 'n opsomming van 'n persoon se lewe ontvang en is gevra om dit deur te lees. Deelnemers is toe gevra om hulle te verbeel die persoon was hul dogter. Hier is haar onvermydelike lewensverhaal. Sy is nog nie gebore nie, maar sal binnekort wees, en haar lewe stuur op die volgende af. Deelnemers het toe vyf minute gekry om haar verhaal te redigeer. Uitveër in die hand, kon hulle alles wat hulle wou uit haar lewe uitwis.
Die vraag aan deelnemers was: Wat vee jy eerste uit?
Die meeste van ons sal instinktief en wild begin om die leerprobleem en motorongeluk en die finansiële uitdagings uit te wis. Ons het ons kinders lief en wil hê hulle moet 'n lewe sonder daardie swaarkry, pyn en terugslae beleef. Ons sou almal verkies dat ons kinders se lewens vry van pyn en leed moet wees.
Maar vra jouself af: Is dit regtig die beste?
Dink ons werklik dat 'n bevoorregte lewe wat glad verloop ons kinders gelukkig sal maak? Wat as jy 'n moeilike omstandigheid uitvee wat hulle sal wakker skud om te bid? Wat as jy 'n ontbering uitvee wat hulle gaan leer hoe om vreugde te hê ten spyte van enige omstandigheid? Wat as jy van die pyn en leed uitvee wat op die ou end God se katalisator gaan wees wat Hy in hul lewens gebruik om hulle na Hom te laat uitroep? Wat as jy 'n moeilike omstandigheid uitvee wat hulle laat besef wat God se doel vir hul lewens is?
Dit klink dalk ongevoelig om te sê, maar die grootste bydraer tot geestelike groei is nie preke, boeke of klein groepies nie; die nommer een bydraer tot geestelike groei is moeilike omstandighede. Ek kan dit vir jou vertel uit persoonlike ervaring, die lees van meningspeilings oor geestelike groei, en bewyse op grond van persoonlike ondervinding uit gesprekke met duisende mense deur die jare heen. OEA kom uit die lyding, terugslae en uitdagings van die lewe. Baie mense kan na daardie oomblikke verwys as die grootste oomblikke van geestelike ontwaking.
*Tydens watter tye in jou lewe het jy die meeste geestelike groei ervaar? Was dit in tye van oorvloed, of was dit in moeilike tye? Probeer God jou nou laat groei deur een of ander moeilike stryd of omstandigheid?
Aangaande hierdie leesplan
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?
More