Wilde Lewe — Begin Werklik LeweVoorbeeld

Wild Life—Start Really Living

DAG 9 VAN 12

Om Betekenisvol te Word

Drie terme is belangrik wanneer ons gaan uitvind hoe om ons werk en lewe te bestuur: dringend, belangrik en betekenisvol.  

Dringend beteken: "Hoe gou maak dit saak?"

Belangrik beteken: "Hoeveel maak dit saak?"

Betekenisvol beteken: "Vir hoe lank sal dit saak maak?"

Dit is maklik om te sien dat ons die meeste tyd by "betekenisvol" moet deurbring. Tog is die meeste van ons nog daarin vasgevang om die waansinnige siklus van dringendheid en belangrikheid na te jaag. 

Mense wat betekenisvolle lewens lei, vra gereeld: "Wat kan ek vandag doen wat blywende waarde het?"

Toe my oudste dogter vier was, het ek besef dat ek van die prioriteit in my rol as pa weggedryf het.

Ek wou verander en het myself afgevra: "Wat wil ek hê moet my dogter oor my by my begrafnis sê?" 

Ek het hierdie huldeblyk geskryf: “My Pa het my onvoorwaardelik liefgehad. Hy het my geleer om God en ander mense lief te hê deur dit daaglikse uit te leef. Hy was my held.”

Met wat gevoel het soos eenvoudige veranderinge op die regte plekke, het ek die kwaliteit van die verhoudinge in my lewe dramaties verbeter. Ek het persoonlike tyd saam met familie op my kalender afgemerk omdat ek nie meer kon toelaat dat die dringendhede en die belangrike van die lewe dit verdring nie.

Op Vadersdag 2010 het ek hierdie nota van my dogter, toe in haar twintigs, ontvang.

“… Jy was 'n standvastige, sterk en stabiele invloed in my lewe … iemand op wie ek altyd kon steun. Jy het my gewys wat dit beteken om werklik nederig te wees en God jou lewe te laat oorneem … Jy is 'n held.”

Sy het dit nie geweet nie, maar haar woorde weerspieël die stelling wat ek byna twintig jaar tevore geskryf het. Vir my is dit betekenisvol. 

Ronnie, iemand se held

Kyk na vandag se video

Tree op: Hoe het jy toegelaat dat die dringende die betekenisvolle verdring? Wat sal jy op jou kalender byvoeg of uithaal? 

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life—Start Really Living

Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church