Wilde Lewe — Begin Werklik LeweVoorbeeld

Wild Life—Start Really Living

DAG 10 VAN 12

Om Vas te Val

Niemand word eendag wakker en sê: "Ek wil hê my lewe moet so verteer word deur verslawing, vrees, beheer of woede dat ek amper alles verloor" nie. Nee, vir my het dit honderde klein treetjies en doellose besluite geneem om my te laat vasval.

Een aand het 'n universiteitsvriend vir my voorskrif medikasie aangebied om my te help fokus terwyl ons studeer het. Ek het dit probeer — en daarmee aangehou.  

My verslawing het na 'n hoër vlak beweeg toe ek dit begin gebruik het om my emosies te verdoof. Ek het deur verskeie teleurstellings gegaan, en het al hoe meer begin gebruik. Ek het vir die meisie wat nou my vrou is, leuens vertel en het amper ons verhouding verongeluk. Ek het klasse gemis weens my verslawing en drie kwartale in 'n ry gedruip. 

My verslawing moes my alles wat ek liefhet en vir my dierbaar is, gekos het, maar dit het nie. Ek het na God uitgereik en gevind, ten spyte van al my mislukkings, sou Hy my steeds kies. Ek het opgehou om alles self te probeer regmaak en sy ongelooflike genade aanvaar. 

Tog het ek steeds gesukkel.

Die apostel Paulus het my stryd perfek opgesom: "Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek" (Romeine 7:15).

Namate ek stelselmatig een tree op 'n slag geneem het om Jesus te volg, het dit al hoe duideliker geword dat Hy vir my meer vryheid wou gee. Ek het met 'n paar vriende oor my stryd begin gesels. Ek en my vrou het al die voorskrif medikasie in ons huis toegesluit, en sy het die kode van die kluis gehou. Moed het met elke tree gegroei, en ek het openlik begin praat oor my stryd en al die maniere waarop God in my gewerk het. Met elke geestelike en praktiese tree wat ek gee, het die verslawing sy greep op my verloor.

Aanvaar sy genade. Nooi mense om deel van jou verhaal te word. Skep werklike grense tussen jou en versoeking. Bo alles, kry jou krag van God en wat Hy van jou sê.

Clay, aanvaar genade

Kyk na vandag se video

Bid: Vader wys my enige plekke waar ek nog vasgeval het. Help my om die eerste tree te neem om los te kom. Met wie moet ek nog hieroor praat?

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life—Start Really Living

Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church