Oorkom Versoekings — Lesse Uit Jesus se LeweVoorbeeld
Christus se Derde Versoeking
Volgens die evangelie van Matteus, word die koninkryke van die wêreld in die derde versoeking, vanaf 'n baie hoë berg aan Jesus gewys. 'n Nuwe aanbod word nou voor Hom geplaas — as Hy sy trou verskuif, sal alles wat Hy sien aan Hom gegee word. Hierdie aanbod bestaan uit absolute wêreld oorheersing, wat vir Jesus die geleentheid gee om die grootste regeerder ter wêreld te wees. Die kern van hierdie versoeking is wêreldmag. Hoe bekom ons mag en wat doen ons daarmee? Al is ons nie almal wêreldheersers of regeerders van lande nie, het ons almal tog op een of ander manier mag. Ons oefen elkeen 'n mate van mag in ons verskillende situasies uit. Ons kan dit aanwend om goed te doen of om ons eie self belang te bevorder.
Op hierdie finale aanbod van die duiwel, antwoord Jesus: "Daar staan geskrywe: 'Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien'" (Lukas 4:8). Al is Jesus hoé magtig, verkies Hy om God met al die mag tot sy beskikking te dien. Hy wys 'n aanbod van die hand waardeur Hy sy mag kan gebruik vir sy eie belang en Hy plaas dit aan die voete van die Vader. Regverdige en ware heerskappy kan slegs benut word deur absolute toewyding aan God. As ons nie onsself aan God gee nie sal ons die mag wat ons het, tot ons eie voordeel gebruik en in die proses sal ons onsself en almal oor wie ons mag uitoefen, veroordeel tot ondenkbare skade. Die geskiedenis het bewys dat heersers wat hulle mag tot hulle eie voordeel en vir eiebelang gebruik en om hulleself op te hemel, het hulle volke in 'n afwaartse spiraal van chaos gelei.
Slegs deur ons volle trou en lojaliteit aan God te gee, kan ons ons mag op die regte manier gebruik. In watter posisie God ons ook al geplaas het, is ons aan Hom verantwoordbaar. Deur ons liefdevolle God wat ons altyd wil lei en deur ons liefdevolle onderwerping aan Hom, kan ons ons mag gebruik om die koninkryk van God te bevorder.
Aangaande hierdie leesplan
Versoekings is oral om ons. Misleiding kom op die mees subtiele maniere na ons toe. Hoe kan ons dit oorkom? Watter hulpmiddels gee die Bybel vir ons om waaksaam teenoor die bose te wees? In hierdie vier-dag leesplan gaan ons na die drie versoekings van Jesus Christus kyk, hoe Hy hulle oorwin het en hoe ons van hierdie beginsels in ons lewens kan toepas.
More