Elke Tree 'n AankomsVoorbeeld

Every Step An Arrival

DAG 4 VAN 5

Die Sigbare Kerk

Terwyl Salomo voor die nuwe tempel staan, vra hy die vraag wat ons almal een of ander tyd vra: "Sou God werklik op die aarde woon?" (1 Konings 8:27).

Salomo word oorkom deur skeptisisme, maar nogtans bid hy. Hy bid dat God sal hoor wanneer die mense na hierdie huis kom om te aanbid, dat God nag en dag sal ag slaan op hulle behoeftes en wanneer Hy hoor, dat Hy hulle sal vergewe. 

Die twyfel strek met variasies van Salomo af tot by ons. Net soos Salomo, bid ons nogtans. Ons gesonde verstand maak beswaar daarteen dat God in 'n huis van aanbidding woon, en daarteen dat God ons in 'n aanbiddingsplek ontmoet, maar kon egter nie teen die bewyse van ondervinding en geloof oorleef nie. Gesonde verstand is tog nie 'n betroubare toets van die werklikheid nie. Die siniese vraag "Kan dit waar wees?" word beantwoord deur 'n dieper rede, 'n wyer ondervinding, en 'n werklike geloof wat sê: "Ja, inderdaad!" 

In hierdie Skrifgedeelte, sien ons in Salomo se gebed drie gedeeltes waar die onsigbare 'n pad vind na die sigbare, dit is gedeeltes waarin ons vandag nog betrokke is. Die eerste het met geskiedenis te doen, Salomo bring die herinnering van groot ontmoetings met God uit die verlede na vore. 'n Swak geheue is 'n bedreiging vir ons gebede. 

Die tweede het te doen met vergifnis. Ons benader ons gebede so dikwels as maniere waarop ons God aan ons kant probeer kry. Die sigbare kerk is egter 'n bewys daarteen. Vergifnis is die keerpunt in gebede, die oorgang van ons eie manier om God op te soek na 'n oorgawe van ons lewe aan Hom sodat sy wil daarin kan geskied. 

Die derde gedeelte word deur Salomo genoem in die woord buitelander, wat as "vreemdeling" vertaal kan word. Wanneer ons belangstelling uitsluitlik op onsself, ons gesinne, en 'n klein kring van kennisse is, verloor ons voeling met die wêreldwye kerk van Christus en die wêreld wat Hy in 'n verhouding met Hom wil bring. 

Salomo se drie lesse in gebed kan opgesom word in drie woorde: geskiedenis (God se werk uit die verlede), vergifnis (die keerpunt weg van onsself na die wil van God), en ander (of vreemdelinge). Bid oor die gedeelte wat nou die meeste met jou persoonlik praat. 

  

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Every Step An Arrival

Ons hoop hierdie vyf oordenkings van Eugene Peterson sal jou denke en hart neem na waar dit ook al mag gaan, want jy weet nooit wat die Gees sal gebruik om te bemoedig of uit te daag of te vertroos nie. Jy mag kies om die vrae aan die einde van elke oordenking te gebruik om jou eie gebed van die dag te vorm — beslis nie as die eindpunt nie, maar eerder as die begin van die aankomste wat op jou wag.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540871/every-step-an-arrival-by-eugene-h-peterson/