Elke Tree 'n AankomsVoorbeeld

Every Step An Arrival

DAG 2 VAN 5

Eendag ...

"Eendag ..." is die manier waarop alle goeie verhale begin. Dit is ook die manier hoe Christene die vraag "Het my lewe betekenis?" hanteer. In 'n verhaal is elke karakter noodsaaklik. Elke persoon het betekenis. Ons sê dus "Eendag ..." en volg dit op met ons geloof en twyfel, ons gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid, ons aanbidding en ons onverskilligheid. Dit alles en meer is deel van 'n verhaal — 'n verhaal wat iets beteken. 

Nie alle verhale gaan oor helde nie. Nie alle verhale is epiese avonture nie. Ons het wel verhale van heldhaftigheid — dié van Josef en Moses en Dawid en Paulus. Daar is egter ook verhale soos die van Naomi, Rut en Boas. Hier is die gedrag alledaags. Al daardie alledaagse optredes — die immigrasie, die lojaliteit van Rut teenoor Naomi, Boas se goedhartigheid teenoor Rut, die aandag wat aan die wette geskenk is — al daardie besonderhede is egter deel van 'n verhaal wat 'n onderafdeling van God se groot reddingsverhaal is. Die verhaal beteken iets — en dit beteken ook alles. 

Naomi word deel van die verhaal omdat sy kla. Sy het verlies ondervind en bitterlik daaroor gekla, haar ongelukkigheid word ernstig opgeneem deur die persoon wat die verhaal vertel en dit word 'n klagte teen God. Hierdie verse word so bewoord dat sy as 'n eiser voor God voorgestel word. Hierdie styl van klagtes wat op 'n wettiese manier voorgestel word, is ook deur Jeremia uitgespreek, want hy het as aanklaer en verdediger tussen God en die mense opgetree. Hy het die mense se klagtes geneem en dit as 'n regsgeding teen God voorgestel; die aanklag was dat God nie meer billik en regverdig was nie. 

Selfs al kom dit oneerbiedig, selfs godslasterlik, voor om so met God te praat, is die waarheid dat dit heeltemal Bybels is. Deur na mekaar se klagtes te luister en dit teen God te formuleer, help ons mekaar om deel van die verhaal te wees. Ons hoef nie altyd aan God se kant te wees en Hom te verdedig nie. Daar is tye wanneer ons Bybelse posisie aan die eiser se kant is. Deur ernstig opgeneem te word — nie verwerp nie, nie stilgemaak nie, nie vergeestelik nie — word Naomi se klagte deel van die verhaal. Die leegheid van haar lewe is verweef in die intrige en, in die proses, deel van die geleentheid om God se voorsiening te bewys. 

Is jy huiwerig om jou klagtes aan God te noem? Hoe mag Naomi se verhaal jou leiding gee om met groter opregtheid met God te praat? 

  

Skrif

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Every Step An Arrival

Ons hoop hierdie vyf oordenkings van Eugene Peterson sal jou denke en hart neem na waar dit ook al mag gaan, want jy weet nooit wat die Gees sal gebruik om te bemoedig of uit te daag of te vertroos nie. Jy mag kies om die vrae aan die einde van elke oordenking te gebruik om jou eie gebed van die dag te vorm — beslis nie as die eindpunt nie, maar eerder as die begin van die aankomste wat op jou wag.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540871/every-step-an-arrival-by-eugene-h-peterson/