Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 2 VAN 27

Lees: Jona 1:4-6

SOAP: Psalm 135:5-6

Toe die matrose die groot storm sien wat dreig om hulle skip op die rotse te laat beland, het hulle tot hul gode begin uitroep vir hulp. Die probleem was dat nie een van hulle gode hulle kon help nie. Dit was God, die Skepper van die Heelal, die God van die Bybel, wat die wind opgesteek en die storm begin het - en Hy was ook die enigste een wat dit kon stop.

God is in beheer van die weer. Hy is in beheer van die wind en die storms. "sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes." (Deut 11:14). Daar is ook geen storm in jou lewe wat nie onder God se bevel is nie.

Die meeste van ons bevind onsself besig om in 'n storm in te beweeg, in die middel van 'n storm, of besig om net uit 'n storm te kom. Wat doen jy wanneer storms in jou lewe woed? Wat doen jy as dik swart wolke die enigste ding is wat jy op die horison kan sien? Roep jy uit na God? Ons magtige God is nie net in beheer van die weer nie, maar ook van elke klein detail van ons lewens.

Here, help my om te onthou dat U in beheer van my lewe is. Ek wil dat U my eerste opsie moet wees wanneer my storms kom. Laat my 'n lig wees vir diegene wat in die middel van die see sonder hoop is en help hulle om na die veilige hawe wat ons in U het, te kom. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie. 

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com