Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7 Voorbeeld

Gallery Of Faith - Jesus Is Greater Series #7

DAG 6 VAN 6

Geloof — Ons individuele Geloofswandel  

Gedagtes oor die Woord

Dit is een van my gunsteling gedeeltes in hierdie hoofstuk. Dit verwys na mense wat in geloof gewandel het — maar hulle kom heel normaal voor, mense net soos ek. Hulle is mense wat deur groot mislukkings gegaan het en tog het God hulle mense van geloof genoem (Ragab die prostituut, Dawid wat misluk het, Jefta wat die seun van 'n prostituut was en nog andere). 

Daar was ook diegene wie se geloof hulle in staat gestel het om groot dinge te doen. Ander het groot geloof gehad — maar lewens gelei wat die wêreld 'n "mislukking" sou noem — wat nie bevryding, oorwinning of eer verkry het nie.

Geloof is nie om te leef volgens 'n standaard wat deur die mens gestel word nie — dit beteken om jou lewe te leef soos God dit wil hê. Dit is nie om die sukses van ander mense na te boots nie. Dit is nie 'n lys van dinge wat jy moet bereik nie. Dit is om Jesus te volg waar Hy jou ook al lei.

Gebed

Here, U wys vir ons so 'n verskeidenheid mense wat U geloofsmanne en -vroue noem. U sluit mense in wat ek nie sou genoem het nie. Tog bemoedig hulle my seker die meeste. Manne en vroue wat vreeslik misluk het, maar geleer het dat hul mislukkings hulle nie definieer nie. Manne en vroue wat groot dinge deur geloof vermag het en ander wat klaarblyklik minder gedoen het. Tog het U hulle mense van geloof (geloofshelde) genoem.

Here, ek wil 'n geloofsheld wees. Ek wil dat U definieer wat dit vir my lewe beteken. Ek wil nie verskonings maak vir my traagheid of verwagtinge hê wat deur die mense gestel word nie. Ek wil u standaard vir my leer ken. Ek wil niks meer hê nie — ek wil niks minder hê nie. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gallery Of Faith - Jesus Is Greater Series #7

Wanneer ons na die buiteland reis, moet ons seker maak ons het die regte geldeenheid om mee handel te dryf. Geloof kan vergelyk word met "koninkryksgeld". Ons kan nie in die koninkryk van die hemel handel dryf tensy ons geloof het nie. Hierdie sewende leesplan in die reeks neem ons deur Hebreërs, en wys ons hoe deurslaggewend geloof in ons daaglikse wandel met God is. Hoe lyk jou geloofsrekening? 

More

Ons wil graag die Al Ain Evangeliese Kerk vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.aaec.ae/jesus-is-greater