Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7 Voorbeeld
Geloof — Wat Deur Geslagte Oorgedra Word
Gedagtes oor die Woord
Die gebed van elke ouer en elkeen wat dissipels maak is: "Vader, ek wil sien dat geloof na die volgende geslag oorgedra word!" Hier is voorbeelde van geloof wat deur geslagte oorgedra is. Abraham, Isak, Jakob en Josef.
Die impak van geloofsdade het ook 'n invloed op geslagte. Isak op die altaar — Abraham se geloof het hierdeur 'n groot invloed op Isak gehad.
Watter van jou geloofsdade en getrouheid word na 'n volgende geslag oorgedra? Watter voorbeeld van getrouheid het jy jou eie gemaak wat uit 'n vorige geslag gekom het?
Gebed
Vader, het ek iets met my geloof gedoen wat waardig is om na 'n volgende geslag oor te dra? Kan iemand na my kyk en my lewe as voorbeeld gebruik op hul pad van geloof? In baie opsigte moet ek sê "nog nie genoeg nie". Tog dank ek U dat daar wel mense is wat volg. Vader, ek wil 'n moeilike ding van U vra, ek wil 'n groter nalatenskap van geloof na my volgende geslag oordra. Ek wil groter uitdagings vir my geloof die hoof bied; ek wil hierdie toetse in my geloof slaag; ek wil hê my nageslag moet bereid wees om my hierin te volg. Vader, ek sukkel om te vra, want ek weet dat dit groter uitdagings, groter probleme en pynliker take beteken. Tog wil ek graag 'n nalatenskap van geloof agterlaat wat die moeite werd is om aan verskeie geslagte oor te dra. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die buiteland reis, moet ons seker maak ons het die regte geldeenheid om mee handel te dryf. Geloof kan vergelyk word met "koninkryksgeld". Ons kan nie in die koninkryk van die hemel handel dryf tensy ons geloof het nie. Hierdie sewende leesplan in die reeks neem ons deur Hebreërs, en wys ons hoe deurslaggewend geloof in ons daaglikse wandel met God is. Hoe lyk jou geloofsrekening?
More