Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: Filippense 4:19; Psalms 73:23-26; 2 Korintiërs 12:9
SOAP: Filippense 4:19; 2 Korintiërs 12:9
'n Gewilde boodskap in die wêreld vandag is dat God 'n potensiële toevoeging tot die lewe is, eerder as die enigste iets in die lewe wat noodsaaklik is. As iemand hulle lewe smaak wil gee met ‘n bietjie spiritualiteit, kan hulle dit doen, maar soos varsgemaalde peper op 'n slaai, kan dit verseker ook weggelaat word.
Jesus noem Homself die Brood van die Lewe. Hy is die lewegewende, volhoubare Een wat in staat is om in elke behoefte te voorsien. God is ons deel en ons krag. Sy genade is voldoende in elke beproewing wat ons in die gesig staar.
Ons probleem is dat ons dikwels die geloof ontbreek om sy algenoegsaamheid raak te sien. Ons vertrou op ons eie krag in plaas daarvan om op die Here te wag. God is met jou en sal vir jou voorsien in alles wat jy in die gesig staar. Hoe het jy 'n gebrek aan geloof getoon deur op jouself te vertrou eerder as om op God te wag om vir jou te voorsien?
Hemelse Vader, dankie vir die genoegsaamheid wat ek in U het. Help my asseblief om te onthou dat U altyd genoeg is. Herinner my ook in tye van swakheid hoe U nog altyd in die verlede vir my voorsien het. Dankie vir u getrouheid. Ek is lief vir U, Here.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com