Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: Romeine 8:31-32; Johannes 1:16; Jakobus 1:5; Efesiërs 1:3-8
SOAP: Romeine 8:31-32
Sommige seisoene van die lewe dra meer sigbare vrugte as ander. In plaas daarvan om na die droë seisoen deur 'n lens van geloof te kyk, is die versoeking groot om die leuen te glo dat God suinig is. Ons dink omdat ons begeertes nie bevredig word nie, God selfsugtig sy seëninge van ons weerhou om ons te tart en te toets.
Hierdie gedagtes kan nie verder van die waarheid wees nie. Die Skrif verklaar die Waarheid oor God se genade en sy goedheid. Sy vrygewigheid het so ver gegaan as tot die punt waar Hy sy Seun vir die wêreld gebied het. Hy gee genoeg om om in beide ons fisiese en geestelike behoeftes te voorsien. Hoewel, die meeste van die tyd erken ons slegs hoe Hy in ons geestelike behoeftes voorsien. Hierdie halwe siening omtrent God laat ons met ‘n gevoel dat ons tekortkom en ondankbaar.
Neem 'n oomblik om te besin oor hoe die Here vir jou geestelik voorsien het. Dink 'n oomblik na oor sy genade en vergifnis in jou lewe. Hoe was Hy geduldig met jou of hoe het Hy jou hoop gegee in 'n sekere situasie?
Hemelse Vader, dankie vir u ewige liefde en voorsiening. Help my om te onthou dat U vrygewig en oorvloedig in genade is. U word nie maklik kwaad nie en U vergewe gou. Ek loof U vir wie U is. Ek bely dat ek soms die leuen glo dat U gewilliglik dinge van my weerhou. Vergewe my my ongeloof. Dankie vir die genade wat in u Seun te vinde is.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com