Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: Hebreërs 13:20-21; Filippense 4:13
SOAP: Hebreërs 13:20-21
Soms ervaar ons 'n seer, gewoonte of hindernis waarin ons vasgevang word en skynbaar nie kan afskud nie. Ons begin om die leuen te glo dat ons nie kan verander nie. Ons sal altyd 'n slagoffer wees. Ons sal altyd sukkel met die verslawing. Tog weerspreek God se Woord hierdie leuens baie sterk.
Deur Christus is ons 'n nuwe mens. Hy is ons Groot Herder. As ons Herder help Hy ons om te beweeg in die rigting wat Hy wil hê ons moet gaan. In Hom het ons die krag om oor enige struikelblok te kom wat keer dat ons floreer in ons wandel met die Here.
Watter pyn, gewoonte of hindernis in jou lewe het jy vir jouself vertel kan jy nie verander nie? Neem tyd vandag om te besin oor hoe jy met Christus se hulp kan oorwin wat dit ookal is wat jy in die gesig staar.
Hemelse Vader, dankie vir die waarheid van u Woord. Dankie dat ek na U toe kan kom met my worstelinge. Help my om u Waarheid in gedagte te hou wanneer ek twyfel dat ek kan verander. Dankie vir die krag van Christus in my lewe.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com