Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: Prediker 5:9; Hebreërs 13:5
SOAP: Hebreërs 13:5
In 1989 het die Amerikaanse duo, Callaway, die lied "I Wanna Be Rich" vrygestel, wat die tweede plek op “Billboard” se “Hot 100 Singles Chart” bereik het. Blykbaar het hierdie liedjie aanklank gevind by luisteraars.
Ons hou daarvan om die leuen te glo dat geld geluk bring. Daar is egter soveel voorbeelde van bekendes wat sukkel met depressie, angs en dwelmmisbruik ten spyte van hulle roem en geluk.
Koning Salomo, die rykste en mees wyse koning van Israel, het in Prediker 5:10 gesê dat die persoon wat rykdom liefhet, nooit tevrede sal wees nie. Hoeveel reken jy op geld vir jou eie bevrediging?
Hemelse Vader, dankie vir u voorsiening. Vergewe my asseblief vir die tye wanneer ek dink dat wat U my gee nie genoeg is nie, of wanneer ek meer wil hê as wat ek reeds het. Help my om te besef U is alles wat ek nodig het. Ek bid dat U my die regte perspektief sal gee ten opsigte van rykdom.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com