Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: 2 Korintiërs 4:16-18; Spreuke 31:30; Psalms 39:5
SOAP: 2 Korintiërs 4:16-18
'n Amerikaanse vrou spandeer gemiddeld $313 per maand op haar voorkoms. Maar hierdie hoë prys van ydelheid waarborg nie geluk nie. Spreuke 31:30 vertel vir ons dat ons skoonheid vervaag. Ons kan nie daarop vertrou om ons ewige vreugde te bring nie.
Die Here begeer van ons om na Hom te kyk om ons ware skoonheid en waarde te verstaan. Selfs al vervaag ons fisiese skoonheid oor tyd, kan ons geloof toeneem. Ons doel moet nie gerig wees op fisiese perfeksie nie, maar eerder om meer soos Christus te word.
Voel jy dat jy meer tyd spandeer op jou fisiese voorkoms of jou geestelike ontwikkeling?
Hemelse Vader, dankie vir die manier hoe U aanhou om vir my u waarheid en weë te leer. Help my om nie behep te word met my uiterlike voorkoms nie, maar help my eerder om besorg te wees oor sake van u koninkryk. Help my om te leer uit Jesus se voorbeeld.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com