Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: Genesis 50:19-21; 1 Petrus 2:22-23; Filippense 1:12-14; Psalm 10:14; Jesaja 43:18-19
SOAP: Jesaja 43:18-19
Is jy deur iemand seergemaak? Ons is almal op een of ander manier deur iemand seergemaak. Ons leef in 'n gebroke wêreld met sondige mense. Pyn is 'n feit van die menslike lewe. Maar met die Here se hulp hoef ons nie vir ewig in daardie pyn te bly nie. Ons kan genees en in geloof en vergifnis vorentoe beweeg soos ons die verlede agterlaat en die toekoms met ope arms aanneem.
Ons moet onthou dat ons nooit alleen in ons pyn is nie. God is reg hier met ons en gee ons die krag om te oorwin. Josef, die seun van Jakob illustreer hierdie beginsel. Sy broers het hom as 'n slaaf verkoop, maar God het daardie tragiese gebeurtenis gebruik om sy doel te bevorder. In plaas van om as 'n slagoffer in sy omstandighede op te tree, het Josef in God se plan vertrou. Ja, ons leef in 'n gebroke wêreld, maar ons moet onthou dat God sterker is as enige onheil, enige pyn... enige hartseer en Hy kan die goeie uit enige slegte gebeurtenis bring.
Alhoewel ons nie kan beheer wat met ons gebeur nie, het ons 'n keuse oor hoe ons reageer. Ons kan óf toelaat dat ons pyn ons in ons verlede hou, of ons kan kies om in geloof vorentoe te gaan en vertrou dat God ons pyn sal verlos en skoonheid uit die as sal laat kom.
Hemelse Vader, help my genees van my pyn. Gebruik dít wat bedoel was vir kwaad en bring die goeie daaruit, soos net U kan. Help my om dié mense wat my seergemaak het te vergewe, en aan te gaan met my lewe … dat ek myself nie as 'n slagoffer sal sien nie, maar eerder 'n oorwinnaar met U hulp. Ek weet ek kan alle dinge deur U doen want U gee my die krag ... mag my lewe aan U glorie bring! Laat my pyn 'n doel hê.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com