Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 23 VAN 41

Lees: 2 Korintiërs 12:9-10; 1 Petrus 2:9-10

SOAP: 1 Petrus 2:9-10

Die meeste groot uitvindings begin as mislukkings. Die gewilde stofsuier vervaardiger, Dyson, het ontstaan na 5271 prototipes en verwerping deur beide Amerikaanse en Europese markte.  Ons wil dikwels die gelukkige einde hê, sonder om te dink aan wat dit geneem het om daar uit te kom. 

Ons glo dat wanneer ons misluk, ons 'n mislukking is. Geliefde, hardloop van hierdie leuen af weg. God laat ons toe om te misluk om sy krag in ons te openbaar. Ons mislukking bring ons behoefte aan Christus na vore. Dit herinner ons om onsself aan sy wil onderworpe te maak. Maar wanneer ons nie 'n doel bereik nie, beteken dit nie dat jy in God se oë misluk het nie. 

God het jou lief ongeag van jou swakheid of jou tekortkominge. Sy prioriteit is jou wandel met Hom. Los die blaam. Leer uit die verlede. Onthou aan Wie jy behoort. 

Watter mislukking moet jy vandag aan die voet van die kruis neerlê? Onthou dat Jesus se bloed al jou mislukkings dek: dié in die verlede, die huidige en dié in die toekoms.

Hemelse Vader, dankie vir u liefde en vergifnis. Dankie dat ek in vryheid mag wandel, wetende dat ek selfs in my mislukkings, veilig in U liefde kan rus. Help my om 'n lewe van vertroue te leef soos ek van Jesus leer. Laat u Gees my in tye van swakheid sterk maak. 

In Jesus se naam,

Amen. 

 

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid. 

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com