Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 22 VAN 41

Lees: Jesaja 43:1-7; Matteus 5:16, 1 Korintiërs 10:31

SOAP: Jesaja 43:7

Wanneer laas het jy 'n selfie geneem? In 2017 is daar meer 24 biljoen selfies op Google bedieners opgelaai[1]. Die statistiek sluit nie enige foto's in wat net geneem en gestoor (of uitgevee is nie). Die obsessie met die selfie illustreer dat ons glo dat ons die middelpunt van ons lewens is. Wanneer ons 'n baie bekende plek besoek en daardie selfie neem, bly ons in ons herinneringe die hoofaantrekkingskrag. 

Ons oë is blind vir die waarheid: die aarde en alles daarin behoort aan die Here. Hy het ons genadiglik toegelaat om deel van sy verhaal te wees. Ons rol in hierdie lewe is klein in vergelyking met die ewigheid. Alhoewel die realiteit ons tot ootmoed bring, ontmoedig dit ons nie. Die Skepper van die Heelal het jou gekies. Hy is met jou. Hy het jou geskape om in sy verhaal deel te neem. Wat 'n eer! Ons reaksie moet wees om te kyk hoe ons ander kan liefhê en dien, eerder as om op onsself te fokus. Wanneer ons dit doen, sal die wêreld die spieëlbeeld van Christus in ons lewens sien.  

Hoe kan jy vandag God se liefde vir jou aan iemand anders weerspieël? Wanneer jy in die versoeking kom om jou gedagtes na jouself te draai, onthou dat jy 'n deel van sy verhaal is – nie andersom nie. 

Hemelse Vader, dankie dat U my die geleentheid gegee het om tyd saam met U te spandeer. Dankie dat U my gekies het om 'n deel van u plan te wees. U is wonderlik. Ek erken dat ek dikwels myself die spil maak waarom hierdie wêreld draai. Ek is jammer. Help my om bedag te wees op ander, sodat hulle Christus in my kan sien. 

In Jesus se naam,

Amen.

    

[1] http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-3619679/What-vain-bunch-really-24-billion-selfies-uploaded-Google-year.html

 

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid. 

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com