Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld
Die Uitdaging van Lyding
Gedagtes aangaande die Woord
Die vermoë om vir ander by God in te tree is nie iets wat ons uit eie keuse doen nie – dit is 'n taak wat God aan ons toegeken het.
Dit is 'n taak wat Hy aan Aäron, aan Jesus ... en aan ons toegeken het. Moenie dit onverskillig benader nie. Dit is 'n wonderlike voorreg om mense te help om God se genade en barmhartigheid te ervaar. Dit is 'n belofte wat God sal gebruik sodat ons mense om ons kan bereik. Hy sal ons soos sy ambassadeurs vir die mense in hierdie wêreld beskou.
Jesus het gehoorsaamheid geleer deur lyding. Wat leer lyding ons? Wat leer dit my? Laat ek werklik toe dat die ontberinge wat ek in die gesig staar vir my Goddelike antwoorde leer? Om mense te seën wat dit nie verdien nie? Om maklik te vergewe? Om in elke situasie dankbaar te wees? Om vir ander te bid? Dit is alles opdragte wat gehoorsaamheid vereis.
Ja, om in hierdie situasies geplaas te word, gee ons die geleentheid om gehoorsaamheid in die moeilikste tye te leer. Jesus het toegelaat dat dit volmaaktheid in sy lewe voortbring. Ek het gesien hoe dit bitterheid in die lewens van sommige mense veroorsaak. Om onregverdige lyding te ervaar, bring óf 'n hart mee wat ten volle op God vertrou óf dit maak van ons bitter, gebroke mense.
Kom ons laat God toe om sy karakter na vore te bring deur die lyding wat ons ervaar. Anders sal die gedruis van bitterheid ons harte en ore verhoed om te hoor wat God vir ons sê.
Tyd vir Gebed
Vader, ons wil almal die eer hê wat gepaardgaan met spesiale take wat vir ons gegee word. Daardie take kom dikwels ten koste van gehoorsaamheid. Ons sien die eer, maar nie die koste nie. Ons wil die eer hê, maar nie die koste nie.
Vader, versterk my om alles te kan hanteer wat saam met die uitdagings en take kom wat U aan my toeken. Gee my u krag; u vreugde; u vermoë om maklik te vergewe; u bereidwilligheid om ander se mislukkings te help dra. Dit is nie natuurlik nie – net so is die take wat vir ons gegee word ook nie. Dus bid ek vir 'n gehoorsame hart.
Ek bid ook vir 'n hart wat nie toelaat dat die geraas van bitterheid u Gees verdoof nie. Ek sal soveel van u wysheid, u hart en u medelye vir die wêreld om my misloop as ek toelaat dat daardie geraas harder is as u Gees wat met my praat. Ek wil nie hê dit moet gebeur nie. Laat die lyding en probleme wat ek ervaar, my ten volle volwasse maak en nie veroorsaak dat ek my oë van U afneem nie. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus definieer, hoe ons hierdie rus betree en hoe ons vanuit hierdie rusposisie groei.
More