Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld
Hou Vas in Geloof – Die Manier om Rus Binne te Gaan
Gedagtes aangaande die Woord
Wanneer ons fokus op die probleme en die berge moeilikhede wat ons in die gesig staar eerder as op Jesus, beland ons in die moeilikheid. Die probleme is werklik en die berge groot, maar God is groter.
Die volk van Israel het voor groot probleme te staan gekom. Hulle was dikwels sonder water in die woestyn. Hulle moes elke dag wag vir hul kos uit die hemel. Hulle moes wag en wag en wag ...
Hierdie uitdagings het hulle ingehaal en hulle het gesukkel om te glo dat God sou voortgaan om sy beloftes aan hulle te hou. Dit word soms moeilik om God se groot beloftes aan ons te glo, omdat ons nie God se getrouheid met klein beloftes erken nie.
Gebruik tyd om na die beloftes eerder as die probleme te kyk en moenie moed verloor nie. God sal sy beloftes nakom. Hy het ons rus belowe; Hy sal dit gee. Dit beteken nie dat daar geen probleme sal wees nie. Dit beteken, ongeag wat ook al gebeur, het ons sy belofte van rus. Moenie hierdie belofte verloor deur geloof in God se ander beloftes te verloor nie.
Tyd vir Gebed
Vader, vandag vra ek vir 'n dapper hart. 'n Dapper hart van geloof wat weier om te sê dat my berge groter as my God is. Wat weier om te glo dat die uitdagings waarvoor ek te staan kom, groter as die krag is wat God voorsien. Ek glo dat die boodskap van God vir my 'n boodskap van vrede is te midde van alles waarvoor ek te staan kom. Vader, ek sal aanhou en vertrou — omdat ek in U glo. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus definieer, hoe ons hierdie rus betree en hoe ons vanuit hierdie rusposisie groei.
More