Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld
Om die Groter Rus wat God Voorsien, Binne te Gaan
Gedagtes aangaande die Woord
God het rus gegee – Hy het dit gedoen as deel van die skepping. Ons kan kies om nie die rus wat Hy geskep het, binne te gaan nie. God toon vir ons vlakke van rus wat vir God se mense beskikbaar is. Daar is die sabbatsrus – die dag van rus wat God vir sy mense geskep het. Dis ons s'n, geskenk deur God aan die mensdom. Ons kan kies om nie hierdie rus binne te gaan nie en elke dag hard te werk.
Daar is nog 'n rus wat God vir sy volk gegee het – die beloofde land. Hulle het in hierdie rus gegaan toe Josua die volk die land binnegelei het. Dit was 'n land waarin hulle nie langer rondgedwaal het nie. Dit was 'n plek van stabiliteit en ontwikkeling. Dit was 'n geskenk van God vir die volk.
God herinner hulle deur Dawid dat daar 'n ander plek van rus is – geestelike rus. Rus wat uit vergifnis voortkom. Baie het nie daardie rus binnegegaan nie.
"Vandag" moet ons kies – sal ons vandag in gehoorsaamheid wandel en in God se rus lewe, of sal ons in ongehoorsaamheid wandel en God se rus verbeur? Hoe weet ons wat om "vandag" te doen? Die Woord van God leer ons. Dit is in staat om ons duidelik te laat verstaan wat reg en verkeerd is. Dit ontbloot ons verskonings; ons verborge foute wat ander nie sien nie, en dit is die maatstaf wat God sal gebruik wanneer Hy ons lewens ondersoek. Laat die Woord van God dit nou doen – "vandag". Moenie dat ons harte onvergewensgesind wees — en hard word nie.
Tyd vir Gebed
Vader, u rus is vir vandag. U Woord openbaar wat ek moet doen om vandag rus te hê. Help my om tyd te maak om te hoor wat u Woord in my lewe sê. Partykeer raak ek deurmekaar – u Woord maak onderskeid tussen die waarheid en opinie. Partykeer maak ek verskonings vir my dade – u Woord ontbloot hulle genadeloos.
U is steeds geduldig met ons. U begeer om vandag vir my rus te gee. U begeer om my vandag te seën. Help my om te sien dat u Woord dit vir my gee. Dit wys vir my die pad wat lei na rus. Dit wys my dinge waaraan ek vasklou wat my verhoed om u rus te ervaar. Die probleem is ek – my hart – wat my weerhou van rus. Versterk dus my hart om U nougeset te volg. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus definieer, hoe ons hierdie rus betree en hoe ons vanuit hierdie rusposisie groei.
More