'n Saak Vir Die Opstanding Van ChristusVoorbeeld

Case For The Resurrection Of Christ

DAG 4 VAN 4

Bybelse Grondslag vir die Opstanding  

Volgens die Bybel berus die hele waarheid oor die Christendom en Christus, alleenlik op die liggaamlike opstanding van Christus. Tot so 'n mate, dat die apostel Paulus, terwyl hy aan die kerk in Korinte geskryf het, aanvoer: "En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud" (1 Korintiërs 15:14). Wat Paulus dus te kenne gee, is as Hy nie opgestaan het nie, is die Christendom ten volle onwaar. Tog, as Hy wel opgestaan het, dan is daardie gebeurtenis van beduidende belang vir die hele geskiedenis. Een van die wêreld se leidende kundiges oor bewyse van Jesus se opstanding, Dr. Gary R. Habermas, bied drie betoë aan wat op die Skrif gebaseer is:

 

  1. Skriftuurlike bewyse gevestig op 1 Korintiërs 15: Twee belangrike kenmerke oor 1 Korintiërs 15 moet uitgewys word wanneer dit kom by bewyse oor die "verskynings van Jesus na die opstanding" (1 Korintiërs 15:4-8). Eerstens, is dit 'n feit dat dit een van die "vroegste verslae" oor die opstanding is wat beskikbaar is, selfs baie vroeër as die evangelies. Tweedens, is daar die "ooggetuie"-verslae wat dit bevestig. Trouens, Paulus het hierdie verslae reeds tussen 54-57 n.C. opgeskryf, slegs 25 jaar na Christus se kruisiging. So 'n kort tydjie tussen die voorkoms van die gebeurtenis en die opgetekende verslae, demonstreer die betroubaarheid van die "ooggetuie verslae", want dit sluit enige moontlike legendes uit wat die verslag ongeldig kan maak. Eintlik word daar deesdae ooggetuie verslae van gebeurtenisse, selfs oor baie langer periodes, as betroubaar beskou.
  2. Die betroubaarheid van die apostel Paulus se getuienis: Daar is twee belangrike feite oor die apostel wat van sy egtheid of betroubaarheid getuig. Eerstens, word aanvaar dat Paulus se bekering binne slegs een tot twee jaar na die kruisiging van Christus plaasgevind het. Boonop is daar die betreklik kort periode tussen die werklike gebeurtenis (die opstanding van Christus) en die optekening van sy verslag, wat belangrik is wanneer 'n mens "antieke geskiedenis" oorweeg. Tweedens, moet in ag geneem word dat Paulus nie bloot praat oor die ooggetuies van verskillende mense nie, maar dat hy self ook 'n ooggetuie van die verrese Christus was: "Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn" (1 Korintiërs 15:8). Hierdie bewyse dra al hoe meer gewig wanneer in gedagte gehou word dat Paulus, vroeër bekend as Saulus, skepties was en nie slegs die waarheid van die Christendom betwyfel het nie, maar ook Christus se volgelinge heftig vervolg het. 
  3. Die betroubaarheid van die ooggetuie verslae van die dissipels: Die feit is dat die dissipels tot so 'n mate herskep is, dat hulle gewillig was om te getuig terwyl hulle die risiko geloop het om hul lewens te verloor. Iemand het eenmaal geskryf: Die mens mag gewillig wees om te sterf vir dit wat hulle glo waar is, maar niemand sal ooit vir 'n onwaarheid sterf nie." 

Hierdie drie gesamentlike redes vorm 'n sterk Bybelse grondslag wat ons kan help om 'n finale gevolgtrekking te maak dat Jesus Christus wel uit die dood opgestaan het. 

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Case For The Resurrection Of Christ

Die doel is om afdoende bewyse en argumente ten gunste van die opstanding van Christus te verskaf. Hierdie argumente is daarop gemik om vrae te beantwoord wat deur skeptici en waarheid soekers gevra word. Ek glo egter dat dit ook tot groot nut van gelowiges sal wees.   

More

Ons wil graag vir Balajied Nongrum Spreker, Opleier en RZIM Indië, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://rzimindia.in/