'n Saak Vir Die Opstanding Van ChristusVoorbeeld
Antwoord op Kritici van die Opstanding
Een van die bewerings wat deur kritici teen die opstanding van Christus geopper word, is dat "Christus nie regtig aan die kruis gesterf het nie!" Hierdie aantyging het mettertyd as die "Swymel Teorie" bekend geword. Volgens hierdie teorie het Jesus flou geword of geswymel van uitputting, pyn en uitermate bloedverlies. Toe Hy dus in die graf neergelê is, het Hy as gevolg van die koelte en klamheid in die graf herstel. Later het Hy sy bewussyn herwin en uit die graf uitgekom waarna Hy aan sy dissipels verskyn het, wat foutiewelik gedink het dat hul Meester uit die dood opgestaan het!
In stryd met hierdie teorie, moet 'n mens bewus wees, volgens die Romeinse gebruik, sou die Romeinse laksmanne met hul lewens boet indien hulle nie seker gemaak het dat 'n gevangene gesterf het nie. Voorts, bevestig die evangeliese verslae die feit dat Jesus aan die kruis gesterf het. Dit is deur die Romeinse soldaat verseker wat 'n spies in sy sy gesteek het en daar toe water en bloed uitgevloei het. Na hierdie bevestiging het die soldate besluit dat sy bene nie gebreek hoef te word om sy dood te bespoedig nie.
Die swymel teorie klink moontlik totdat jy 'n paar belangrike vrae oorweeg: a) Is dit moontlik dat Hy drie dae lank in 'n klam graf sonder kos, water en mediese versorging kon oorleef het? b) Sou Hy kon oorleef, toegedraai in spesery-deurweekte grafklere? c) Sou Hy die krag gehad het om Homself uit die grafklere te bevry? d) Sou Hy die krag gehad het om die swaar klip voor die grafopening te kon wegrol en terselfdertyd die Romeinse soldate oorweldig het? e) Sou Hy hierna kilometers ver kon loop op sy spyker-deurboorde voete? Hierdie en nog baie meer vrae, bied ernstige uitdagings aan die swymel teorie.
Die feit is, hierdie teorie skep meer vrae oor die opstanding as wat dit antwoorde verskaf. Die Duitse kritikus, David Strauss, wat glad nie in die opstanding glo nie, skryf in sy boek "Die Lewe van Jesus vir die Mense": "Dit is onmoontlik vir iemand wat pas halfdood uit die graf gekom het, wat swak en siek was, mediese behandeling nodig gehad het, in verbande toegedraai was, versterking en tere sorg nodig gehad het, en wat uiteindelik aan lyding gesterf het — ooit aan die dissipels die indruk kon gee dat Hy die dood en graf oorwin het; dat Hy die Leidsman na die lewe is. Die opstanding was tog die fondament van hul toekomstige bediening. So 'n soort herstel sou slegs die indruk wat Hy by hulle geskep het oor lewe en dood verswak het, of ten minste, aan hulle 'n droewige stem gegee het, maar kon op geen manier hulle droefheid in entoesiasme of hulle eerbied tot aanbidding verhef het nie."
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die doel is om afdoende bewyse en argumente ten gunste van die opstanding van Christus te verskaf. Hierdie argumente is daarop gemik om vrae te beantwoord wat deur skeptici en waarheid soekers gevra word. Ek glo egter dat dit ook tot groot nut van gelowiges sal wees.
More