'n Saak Vir Die Opstanding Van ChristusVoorbeeld
![Case For The Resurrection Of Christ](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11451%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Addisionele Bewyse vir die Opstanding
Terwyl ek deur die bewyse ten gunste van die opstanding van Christus sif, is daar 'n vraag wat dikwels na vore kom. "Is daar behalwe die Bybel enige bewyse of feite wat aangebied kan word of Christus werklik uit die dood opgestaan het of nie?" Moet ons dit anders bloot as 'n saak van blindelingse geloof beskou? Om hierdie vraag te beantwoord, bied Paul E. Little, drie belangrike historiese bewysstukke aan om te oorweeg.
Die eerste bewys is die bestaan van die Christelike kerk. Die oorsprong daarvan kan teruggevoer word na Palestina waar dit gedurende die eerste eeu (32 n.C.) begin het. 'n Toepaslike vraag wat op hierdie stadium oorweeg moet word, is: "wat was die oorsaak van die kerk se bestaan?" Ons moet ook daarop let dat hierdie eerste-eeuse dissipels, na wie ook vir die eerste keer in Antiogië as Christene verwys is (Handelinge 11:26b), die wêreld van hul dag onderstebo gekeer het met hul prediking (Handelinge 11:20-21). Hulle het nie net hul prediking nie, maar ook hul lewens gegrondves op die opstanding. Ons lei dus daarvan af dat die kerk destyds en nou, wat 'n wêreldwye omvang het, slegs op een fondament berus, naamlik die opstanding van Christus en niks anders nie.
Tweedens, is daar die egtheid van die Christelike dag. Sedert 32 n.C., word Sondag as die dag van aanbidding deur Christene gehuldig. Daar was 'n geweldige groot verandering in die kalender sedert die eerste eeu. Daar moes iets rampspoedig gebeur het dat hierdie dag van aanbidding van die Joodse sabbat op die sewende dag van die week, na Sondag geskuif het wat die eerste weeksdag volgens die Joodse kalender was! Dit het gebeur sodat Jesus se opstanding uit die dood gevier kon word. Moenie vergeet dat die eerste Christene Jode was nie. Behalwe Christus se opstanding, is daar niks anders wat sin maak vir hierdie verandering nie.
Laastens, is daar die bestaan van die Nuwe Testament, die Christelike boek. Regdeur al die bladsye bevat dit onafhanklike getuienisse van ooggetuies, wat die feit van die opstanding bevestig. Hulle het voor foltering en martelaarskap te staan gekom om vir hul getuienisse en oortuigings getoets te word. Ek kan slegs aan die opstanding van Christus dink as die rede vir die dissipels se toewyding. In sy boek "Ek Glo Omdat ..." som Batsell Barrett Baxter hierdie punt so op: "Hulle sou as Christene alles verloor en het niks van wêreldse betekenis gehad om daarby te baat nie. Tog het hulle uiteindelik hul lewens opgeoffer om getrou te bly aan hul oortuiging dat Jesus die Christus, die Seun van God was — dood, begrawe en opgestaan."
Aangaande hierdie leesplan
![Case For The Resurrection Of Christ](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11451%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die doel is om afdoende bewyse en argumente ten gunste van die opstanding van Christus te verskaf. Hierdie argumente is daarop gemik om vrae te beantwoord wat deur skeptici en waarheid soekers gevra word. Ek glo egter dat dit ook tot groot nut van gelowiges sal wees.
More