Onwrikbaar, Met Lisa BevereVoorbeeld
![Adamant With Lisa Bevere](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11418%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.
God sê vir jou: "Jy is my onwrikbare." Dit maak nie saak of jy nie nou onwrikbaar voel nie; jy is toegedraai in die onvernietigbare werk van Christus. Luister na sommige van die dinge wat God vandag oor jou verklaar:
Jy is my onwrikbare, standvastig, maar deursigtig — mense kyk deur jou en sien Christus.
Jy is my onwrikbare — die Gees van Christus woon in jou om jou onbeweegbaar en onwankelbaar te maak.
Jy is my onwrikbare — jy het 'n siel van vuur!
Jesus het gekom om ons met die Heilige Gees en met vuur te doop. Dit is die doop wat ons moet ontvang. Wanneer ons wedergebore word, word ons lewelose harte lewend gemaak deur die vurige glans van sy ewige liefde.
Jy weet nie hoe jy in die gees lyk nie. Jy dink jy praat slegs woorde, maar jy praat vuur! Jy praat van dinge wat die leuens van die vyand, wat al so lank in mense was, met lig en waarheid skei. Jy praat vuur wat kettings laat smelt. Jy moet in hierdie waarheid staan.
Die gawe in jou lewe is soos 'n vuur. Moenie toelaat dat dit geblus word nie. Blaas op die kole en stook dit tot 'n groot vlam. Ander het die vuur wat helder in jou en uit jou brand nodig, want jy is sy kind, wedergebore uit sy natuur.
God praat met jou soos jy sal word, nie soos jy nou is nie. Hy het soveel geloof in sy plan vir jou lewe. In die lig daarvan, wat is sommige van die dinge wat jy moet ophou (of begin) uitspreek oor jouself?
Indien jy hierdie leesplan geniet het, moedig ek jou aan om verder te delf, en my nuwe boek Adamant: Finding Truth in a Universe of Opinions te lees.
Aangaande hierdie leesplan
![Adamant With Lisa Bevere](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11418%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.
More
Verwante Leesplanne
![Onverwags](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11641%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Onverwags
![Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13048%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid
![Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12737%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie
![Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing
![Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11797%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe
![Gewoontes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13743%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gewoontes
![Nuwe Jaar, Nuwe Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)