Onwrikbaar, Met Lisa BevereVoorbeeld
![Adamant With Lisa Bevere](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11418%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.
Die kerk was dikwels vinnig om ongelowiges te veroordeel oor hul sonde en optredes, maar dit behoort geen verrassing te wees dat mense wat God nie ken nie, optree asof hulle God nie ken nie. Waaroor ons onsself wel moet bekommer, is of ons ons lewens lei as heilig en herskep. Terwyl ons die Here nastreef, kan ons vir wysheid vra om sy goedheid aan die wêreld om ons te openbaar, op so 'n manier wat hulle uitnooi om ook in Hom herskep te word.
As kinders van God word ons in Christus herskep om hard soos 'n diamant te wees, maar nog steeds sag soos 'n bloeiseltjie.
Ons leef in 'n wêreld waarvan Paulus in Romeine 1 geskryf het. So baie mense het die kennis en teenwoordigheid van God verlaat en kan nie meer die basiese beginsels waarvolgens die mensdom geskape is, herken nie.
Vra jouself af: het bekommernisse oor die euwels van ons dag enigiets verander? Ongelukkig is ons meer bekend vir dit waartéén ons is as dit waarvóór ons is. Die heiligheid en herskepping wat ons in ons samelewing wil hê, gaan nie kom wanneer ons dit oordeel en veroordeel nie, maar wanneer ons eers ons eie probleme aanspreek en dan God se goedheid, genade en hoop skenk aan diegene wat dit nodig het.
God se goedheid is altyd vir ons 'n uitnodiging om terug te keer na die waarheid, eerder as 'n goedkeuring van sonde. Daarom het ons wysheid nodig. Met tye tree ons op asof dit goed is om te sê dat sonde nie sonde is nie, omdat ons nie wil hê mense moet skaam voel nie. Ons moet egter bereid wees om sonde op die naam te noem, maar op so 'n manier dat dit hoop bring, in plaas van veroordeling.
Heiligheid in ons samelewing begin wanneer ons onsself heeltemal aan God oorgee. Daar is 'n geslag wat desperaat is om herskep te word en hulle wag om dit in ons te sien.
God sê dat Hy 'n land sal genees wanneer sy mense hulself verootmoedig en bid, nie wanneer alles perfek in die land se regering is nie. Wat beteken dit vir jou?
Aangaande hierdie leesplan
![Adamant With Lisa Bevere](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11418%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.
More
Verwante Leesplanne
![Onverwags](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11641%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Onverwags
![Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13048%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid
![Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12737%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie
![Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing
![Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11797%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe
![Gewoontes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13743%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gewoontes
![Nuwe Jaar, Nuwe Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)