Onwrikbaar, Met Lisa BevereVoorbeeld
* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.
Niemand word groot sonder om deur die duisternis geraak word nie. Ons almal hoor van tyd tot tyd stemme wat ons veroordeel en etiketteer. Baie mense, indien nie ons almal nie, het ook al vir onsself name gegee — valse identiteite wat ons as waar beskou.
Wanneer God ons nadertrek, is dit nie om ons te veroordeel nie, maar om ons nader aan Homself te bring, sodat ons kan hoor hoe sy stem die waarheid verklaar van wie ons regtig is.
Hierdie waarheid is: Ons is nie die duisternis van ons verlede nie. Ons word ook nie deur ons foute, geslag of deur iets buite onsself gedefinieer nie. Inteendeel, ons is geskape as die beeld van God, ontwerp vir intimiteit met die Een wat ons die asem gegee het.
Ons verloor ons identiteit uit die oog wanneer ons dit aan die verkeerde dinge koppel. Daarom sal God die beperkende etikette wat ons vir onsself geskep het, wegneem. Sy Gees werk diep binne ons, om die ou dinge te verwyder, terwyl Hy terselfdertyd ontbloot wat nog hanteer moet word.
Miskien het vrees en onsekerheid veroorsaak dat jy God se werk in jou lewe verwerp het. Vandag praat God egter oor die plekke wat jy gedink het verlate is, en Hy bied aan om dit weer in 'n tuin te verander.
Ons moet egter bereid wees dat God in ons lewens die lig van die duisternis skei. God sal nie toelaat dat die leuens wat oor jou uitgespreek is daar bly nie. Hy sal ook nie die dinge wat jy oor jouself gesê het, toelaat om die finale sê te hê nie. Inteendeel, Hy sal tot jou nader, sodat Hy iets nuuts in jou kan onthul, wat volledige genesing op elke gebied van pyn bring, sodat jy vry is om te lewe in die waarheid van wie Hy sê jy is.
God is so onwrikbaar intiem. Hy sal die kern van jou pyn genees, maar jy moet hom toelaat om dit te doen. Hoe kan dit in jou lewe lyk?
Aangaande hierdie leesplan
Wat is waarheid? Ons samelewing glo die leuen dat die waarheid 'n rivier is wat eb en vloei met die verloop van tyd. Die waarheid is egter nie 'n rivier nie — dit is 'n rots. In 'n woeste see van baie menings, sal hierdie leesplan help om jou siel te anker en om jou duidelike rigting in 'n dwalende wêreld te gee.
More