Geestelike Dissiplines en Evangelisasie Voorbeeld

Spiritual Disciplines & Evangelism

DAG 9 VAN 9

  

DAG 9: GEMEENSKAP

Ons geloof is nie ons eie nie. In die 21ste eeuse individuele kulture, mag ons glo daar is net twee kritiese mense: God en onsself. Ons persoonlike dissipelskap word een waar ons glo, solank ons God het, het ons niemand anders nodig nie. Selfs 'n terloopse lees van die Skrif, vernietig hierdie siening van die Christelike geloof. Die liggaam van Christus en die gesamentlike gemeenskap van geloof — of dit nou die Israeliete in die Ou Testament, die Jode in Jesus se tyd, of die heidene wat ingeënt is — almal is familie. 

Die teoloog en geleerde N.T. Wright haal aan: "'As God ons Vader is, is die kerk ons moeder.' Hierdie woorde is dié van die Sweedse hervormer, Johannes Calvyn ... dit is net so onmoontlik, onnodig en ongewens om op jou eie 'n Christen te wees, as wat dit is om alleen 'n pasgebore baba te wees." 

Prediker 4: 9-12 sê: 

"Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie."

Die dissipline van gemeenskap begin met 'n gewilligheid en oopheid om weerloos teenoor ander te wees. Ons begeer almal om bekend en geliefd te wees vir wie ons is. In 'n wêreld waar ons prestasies en toekennings geprys word, verlang ons na plekke van oorspronklikheid. As ons eerlik is, weet ons ons kan die skyn nie lank volhou nie en het 'n diepe begeerte om met ander wat ook so voel, kontak te maak. In gemeenskap, verbind ons ons daartoe om nie die goeie, die slegte en die lelike van dié wat saam met ons reis, weg te steek nie. 

In gemeenskap werk ons ook daartoe om ander in ons gemeenskap dikwels te ontmoet. Handelinge 2:46-47 is ons maatstaf:

"Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind ..." 

Elke dag! Kan jy jou dit voorstel? Waar soek ons in ons besige lewe gereeld gemeenskap om God te aanbid en te groei in ons verhouding met Hom as die liggaam van Christus? Ons moenie skuldig of skaam voel as ons nie daagliks ontmoet nie, maar ons moet gereelde gemeenskap met ander Christene opsoek, sodat dit ons kan laat groei en in ons geloof bemoedig. 

Die Skrifgedeelte in Handelinge 2 eindig nie daar nie. Daar is 'n kragtige gevolgtrekking in vers 47: "... En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg." Gemeenskap lei tot evangelisasie! Hulle aanbidding van God en opbouing van die geloof het gelei tot hulle harte wat oorgeloop het van God se goedheid op al die mense wat hulle ontmoet het! Petrus en Johannes spog hieroor in Handelinge 4:20: "Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.” Die evangelis D.L. Moody, het eenmaal gesê: "Wanneer iemand met die woord van God gevul is, kan jy die persoon nie stilmaak nie. As jy die woord het, moet jy praat of sterf." 

Die geloof van ander inspireer ons en beweeg ons daarna om groter getuies te wees. Die dubbele seën van gemeenskap is dat soos ons beweeg word om groter getuies te wees, het ons dan 'n gemeenskap van mense wat saam met ons bly is oor wat God besig is om met ons getuienis te doen! Ware gemeenskap huil saam en is saam bly. Dit beweeg saam in 'n eenheid met die enkele doel om God op alle moontlike maniere in ons en deur ons, bekend te maak. 

Vrae vir Oordenking: 


  • Ontsenu of troos gemeenskap met ander Christene jou? Hoekom?
  • Gee 'n voorbeeld van hoe 'n ander Christen jou geseën het en / of inspraak in jou lewe gehad het.
  • Hoe dikwels bring jy tyd met mede-Christene deur?
  • Hoe kan jy beter in ander Christene belê sodat meer gereelde en vrugbare evangeliegesprekke kan plaasvind?

    

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Spiritual Disciplines & Evangelism

Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

More

Baie dankie aan The Billy Graham Center by Wheaton College wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.billygrahamcenter.org