Geestelike Dissiplines en Evangelisasie Voorbeeld
DAG 3: AANBIDDING
C.S. Lewis het eenmaal gesê: "Die kosbaarste ding wat die Psalms vir my doen, is om dieselfde vreugde in God wat Dawid laat dans het, uit te leef."
Wanneer jy die term "aanbidding" hoor, waaraan laat dit jou dink? Miskien is dit 'n heilige plegtigheid of arms wat in 'n gewyde lied hoog opgelig word. Ongeag styl of tradisie, die kern van aanbidding is verering en feesviering. Met oë gelig na bo, erken ons die een Skepper en Wese, wat ons "Abba, Vader" noem (Romeine 8:15), en al ons lofprysing en pogings waardig is. Met elke asemteug, leef ons vir Hom.
Daar is miskien geen beter beeld hiervan as in 2 Samuel 6:5, toe Dawid en sy manne die Ark van God na Jerusalem verskuif het: "Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark van die Here gedans, begelei deur liedere, liere, harpe, tamboeryne, ratels en simbale." Hulle het God geloof met hulle liggame, denke, harte en krag.
Ons begin die dissipline van aanbidding met 'n erkenning van wie God is. Met nederige harte, bevestig ons God se totaliteit: die alwetende en alomteenwoordige Een wat Hom in die skaduwees van ons harte verberg. Terwyl ons Hom bewonder vir sy goedheid en genade wat Hy op ons uitstort, verklaar ons ons uiterste armoede en gebrokenheid. Die teksgedeelte in 1 Kronieke 16:23-31 verskaf handige rigtingwysers oor wat dit behels om God te aanbid en te vereer.
In aanbidding vind ons ook dat ons harte ons Verlosser al hoe liewer kry, soos ons Hom al duideliker sien. Soos ons liefde dieper groei, so ook ons gewilligheid om alles te wees wat Hy begeer ons moet wees. Romeine 12:1 lees: "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen." Ons volgende mikpunt in aanbidding is dus die erkenning dat ware aanbidding nie eindig wanneer die laaste lied gesing is, of die laaste gebed gebid is nie. Ware aanbidding behou momentum deur elke oomblik van die lewe. Net so het ons al baie gehoor of gelees dat ons liggame "lewende offers" is. Ons kry die beeld van een wat eindeloos kriewel tot (1) dit van die tafel ontsnap het of (2) die stryd in oorgawe verloor het.
Die werklikheid is dat ons lewens nie ons eie is nie. Dit is teen 'n prys gekoop. Van die punte van ons tone tot die bokant van ons koppe, is ons die Here s'n. Verlos, nuutgemaak. Dit is soos die wurm-skoenlapper oorgang. Ons was eens, en is nog dieselfde … maar beter.
Soos ons die feit aanvaar dat ons lewende offers onder die magtige en liefdevolle hand van God is, wat omgee vir ons beswil en die beswil van die wêreld, lei ons aanbidding ons daartoe om ander van Hom te vertel.
In donker en benoude omstandighede, kan ons nie help om ander te vertel van hierdie God wat ons bewonder nie. Paulus en Silas het dit beleef:
"Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak. Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap. Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: 'Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier.' Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: 'Menere, wat moet ek doen om gered te word?' Hulle antwoord hom: 'Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.' Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig" (Handelinge 16:25-32).
Ware aanbidding moet voor ander verwoord word. Petrus en Johannes stel dit so: "Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie” (Handelinge 4:20). Ons het die goedheid van God ervaar en word beweeg om sy vriendelikheid en genade met ander te deel. Die vrug van vervulde aanbidding is 'n lewe van aankondiging.
Vrae vir Oordenking:
- Op watter maniere aanbid jy God die beste?
- Het jy God al ooit op 'n kragtige of nuwe manier ervaar terwyl jy aanbid? As jy het, hoe?
- Wat was die rol van aanbidding met betrekking tot jou persoonlike evangelisasie?
- Hoe roep God jou om jou lofprysing aan Hom met ander om jou te deel?
Aangaande hierdie leesplan
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!
More