Sewe Eienskappe Van GodVoorbeeld
Heerlikheid
Moses het 'n verstommende versoek aan God gerig. Hy het God gevra om aan hom sy heerlikheid te wys. Die woord "heerlikheid" gee die idee van gewigtigheid, betekenisvolheid of belangrikheid. Kortom, God se heerlikheid is die somtotaal van al die dinge wat Hom God maak. God het uit genade aan Moses se versoek voldoen en hom 'n vlugtige en kortstondige blik gegee van sy ewigheidswaarde en majesteit en van sy krag, liefde vir sy uitverkore dienskneg en van sy roeping vir Moses om Israel die beloofde land in te lei.
'n Mens sou dink dat hierdie soort blootstelling aan die heerlikheid van God slegs vir die groot leiers van die Bybel voorbehou word - mense soos Abraham, Josef, Moses of Dawid. Tog bied God aan alle Christene 'n toenemende bewuswording van die heerlikheid van God (2 Kor. 4:6) Hierdie blik op God se heerlikheid is nie tans in fisieke vorm waarneembaar nie. In plaas daarvan, neem die Gees van God gelowiges se harte gevange met die kennis van die heerlikheid van God, oorlaai hulle met die lig van Christus en laat hulle die majesteit van God sien deur die werk en persoon van Jesus Christus. Hierdie blik op God se heerlikheid is die grondslag om God lief te hê, om sonde te verwerp en in die sending van God in die wêreld te dien.
Gebed vir Vandag:
Dankie Jesus dat U dit vir my moontlik gemaak het om die heerlikheid van God op 'n daaglikse basis te ervaar. Help my om op hierdie heerlikheid te reageer deur U elke dag lief te hê en te dien. Amen.
Hierdie toewyding is ‘n uittreksel vanThe Jesus Bible, NIV Edition
Aangaande hierdie leesplan
Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die eienskappe van God om jou begrip en verwondering van sy gawes te verdiep.
More