Sewe Eienskappe Van GodVoorbeeld
God is Getrou
Isak se geboorte is ‘n voorskou van Jesus se koms. Isak is gebore omdat God getrou is en vir Abraham 'n seun belowe het, net soos Hy aan die sondaars 'n verlosser belowe het. Die geboorte van Isak is 'n bewys van God se genade net soos dit ook 'n bewys is van Christus se koms. Abraham en Sara was reeds bejaard toe Isak gebore is – Sara was so ver verby die ouderdom om geboorte te kon skenk dat sy vir God se plan gelag het (Gen. 18:9–12) – tog doen God dikwels die menslik onmoontlike om sy doel te vervul. Jesus is immers uit 'n maagd gebore en deur die Heilige Gees verwek (Matt. 1:18). Abraham en Sara het 'n plan beraam, deur Hagar as 'n surrogaat te gebruik, omdat hulle gedink het dit meer prakties is om God se belofte te vervul (Gen. 16:1-4). Tog was dit uiteindelik God se getrouheid — nie menslike pogings nie — wat tot Isak se geboorte gelei het. Op 'n soortgelyke manier het Jesus aarde toe gekom omdat God getrou is en al sy beloftes nakom. Nadat Isak gebore is, het Sara weer gelag, maar hierdie keer was dit nie uit ongeloof en spot nie, maar van verbasing en blydskap (Gen. 21:5–6). Gelowiges moet vandag ook gevul word met vreugde en verbasing oor God se getrouheid om sy beloftes te hou.
Gebed vir Vandag:
Jesus, vergewe my asseblief dat ek vir God se planne lag. Help my om nie reg in eie hande te neem nie, maar om te wag op u tydsberekening en beloftes. Amen.
Hierdie toewyding is ‘n uittreksel van The Jesus Bible, NIV Edition
Aangaande hierdie leesplan
Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die eienskappe van God om jou begrip en verwondering van sy gawes te verdiep.
More