SAGARIA 8:23
SAGARIA 8:23 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Mense van die baie ander volke sal vashou aan die klere van die mense van Juda. Tien manne sal vashou aan een man se klere en sê: ‘Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.’ ”
SAGARIA 8:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.
SAGARIA 8:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here die Almagtige: Daardie tyd sal uit al die nasies tien man een Judeër aan die klere gryp en sê: “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor God is by julle.”
SAGARIA 8:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Dit sal in daardie dae wees dat tien mense uit al die tale van die nasies die kleed van 'n Jood gryp en vashou terwyl hulle sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” ’ ”
SAGARIA 8:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE van die leërskare: In daardie dae sal dit gebeur dat tien man uit al die tale van die nasies sal gryp, ja, die slip van die Jood sal aangryp en sê: Ons sal saam met jou gaan, want ons het gehoor dat God is met jou.
SAGARIA 8:23 Die Boodskap (DB)
Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Hierdie tyd wat julle verwag, sal vir seker kom. Wanneer dié tyd aanbreek, sal tien mense uit verskillende volke een Jood aan sy baadjie vasgryp. Hulle sal vir hom sê: ‘Ons wil saam met jou gaan, want ons het gehoor dat God by julle bly.’”