PSALMS 89:5-11
PSALMS 89:5-11 Bybel vir almal (ABA)
Jy sal altyd 'n nageslag hê, iemand van jou nageslag sal altyd koning wees.” Sela Here, almal in die hemel moet praat oor u wonderwerke, die vergadering van die engele moet praat en sê dat U altyd dieselfde bly. Want niemand anders in die hemel is soos die Here nie, nie een van die engele kan doen wat U doen nie. U is God, almal is bang vir U, almal in die groot vergadering van die engele. Almal rondom U respekteer U en dien U. Here, God wat oor alles regeer, niemand is so sterk soos U nie. Here, almal rondom U weet dat U altyd dieselfde bly. Dit is U wat die wilde see stil maak, dit is U wat die hoë branders stil laat word. Dit is U wat vir Rahab geslaan het sodat hy gesterf het, dit is U wat u vyande na al die kante toe gejaag het, want U is sterk.
PSALMS 89:5-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela. En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges. Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge, 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is? O HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U! Ú heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring Ú hulle tot bedaring. Ú het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.
PSALMS 89:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal vir jou 'n nageslag verseker vir altyd en jou troon in elke geslag laat standhou.” Sela Die hemel loof u wondermag, Here, die hemelinge loof u trou. Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word? Wie onder die hemelwesens is soos die Here? Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag. Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom. Here, almagtige God, wie is soos U? U krag is groot, Here, u trou is oral! U heers oor die onstuimige see: as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar. U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan. Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag.
PSALMS 89:5-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Vir altyd hou Ek jou nageslag in stand; van geslag tot geslag het Ek jou troon gevestig. ’ ” •Sela Die hemel moet u wonders prys, HERE; ja, u trou in die byeenkoms van heiliges. Want wie in die uitspansel kan langs die HERE gestel word? Wie onder die hemelwesens is aan die HERE gelyk – 'n uiters gedugte God in die kring van die heiliges, en gevrees deur almal om Hom? HERE, God van alle magte, wie is so magtig soos U, HERE? U trou omring U; U heers oor die deining van die see. Wanneer die golwe styg, bring U hulle tot bedaring. U, U het die deurboorde Rahab verpletter, met u sterk arm het U u vyande verstrooi.
PSALMS 89:5-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die hemele sal U wonders loof, o HERE, U trou ook in die vergadering van die heiliges. Want wie in die hemel kan met die HERE vergelyk word? Wie onder die seuns van die magtiges kan met die HERE vergelyk word? God is grootliks gevrees in die vergadering van die heiliges en eerbiedig vir almal wat rondom Hom is. O HERE, God van die leërskare, wie is 'n magtige HERE soos U? of aan jou trou rondom jou? U heers oor die woedende see; as sy golwe opkom, maak U hulle stil. U het Ragab stukkend gebreek soos een wat verslaan is; U het U vyande met U sterk arm verstrooi. Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde; die wêreld en die volheid daarvan, U het dit gegrond.
PSALMS 89:5-11 Die Boodskap (DB)
Ek het beloof dat hy en sy nageslag vir altyd daar sal wees, met ’n nakomeling van hom op die troon.” Die hemelwesens sing oor u krag om wonders te doen. Ja, ’n mens kan U regtig vertrou. Daar is niks en niemand wat soos U is nie, nie eens in die hemel nie. Hulle kom nie eens naby U nie. Almal rondom U, ook in die hemel, het ’n heilige ontsag vir U. O God, U is die sterkste van die sterkstes. Almal is bang vir U. Wie is naastenby so sterk soos U, Here, groot Bevelvoerder? ’n Mens kan U altyd vertrou. Want U is baie sterk. U is in beheer van die see met sy onstuimige golwe. U laat hulle bedaar. Alle vyande, groot en klein, het voor u mag geswig. U verslaan selfs die magtige seemonsters. U het as wenner uit die stryd getree.
PSALMS 89:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
‘Ek sal jou nageslag vir altyd as konings vestig, en jou troon bou van geslag tot geslag.’” Sela HERE, die hemel prys u wondermag; die hemelse wesens prys u trou. Want wie in die hemel kan met die HERE vergelyk word? Wie onder die hemelse wesens is soos die HERE? In die hemelse vergadering is daar groot ontsag vir God. Hy is meer ontsagwekkend as hulle wat Hom omring. HERE, God die Almagtige, wie is magtig soos U, HERE? U is omring deur u getrouheid. U heers oor die bruisende oseane. As die golwe styg, laat U dit bedaar. U het vir Rahab vernietig, met u sterke arm u vyande verdryf.