Psalms 89:5-11

Psalms 89:5-11 DB

Ek het beloof dat hy en sy nageslag vir altyd daar sal wees, met ’n nakomeling van hom op die troon.” Die hemelwesens sing oor u krag om wonders te doen. Ja, ’n mens kan U regtig vertrou. Daar is niks en niemand wat soos U is nie, nie eens in die hemel nie. Hulle kom nie eens naby U nie. Almal rondom U, ook in die hemel, het ’n heilige ontsag vir U. O God, U is die sterkste van die sterkstes. Almal is bang vir U. Wie is naastenby so sterk soos U, Here, groot Bevelvoerder? ’n Mens kan U altyd vertrou. Want U is baie sterk. U is in beheer van die see met sy onstuimige golwe. U laat hulle bedaar. Alle vyande, groot en klein, het voor u mag geswig. U verslaan selfs die magtige seemonsters. U het as wenner uit die stryd getree.