Psalms 89:5-11

Psalms 89:5-11 AFR20

‘Vir altyd hou Ek jou nageslag in stand; van geslag tot geslag het Ek jou troon gevestig. ’ ” •Sela Die hemel moet u wonders prys, HERE; ja, u trou in die byeenkoms van heiliges. Want wie in die uitspansel kan langs die HERE gestel word? Wie onder die hemelwesens is aan die HERE gelyk – 'n uiters gedugte God in die kring van die heiliges, en gevrees deur almal om Hom? HERE, God van alle magte, wie is so magtig soos U, HERE? U trou omring U; U heers oor die deining van die see. Wanneer die golwe styg, bring U hulle tot bedaring. U, U het die deurboorde Rahab verpletter, met u sterk arm het U u vyande verstrooi.