PSALMS 89:5-11

PSALMS 89:5-11 AFR53

Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela. En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges. Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge, 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is? O HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U! Ú heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring Ú hulle tot bedaring. Ú het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.