PSALMS 118:1-18

PSALMS 118:1-18 Die Boodskap (DB)

Sê vir die Here baie dankie, want Hy is goed; ja, sy liefde sal nooit ophou nie. Al die Here se kinders moet sê: “Sy liefde sal nooit ophou nie.” Ja, almal wat Hom dien en aanbid, moet dit sê. Toe ek in die moeilikheid was, het ek ernstig tot die Here gebid. Die Here het na my geluister. Hy het my gehelp. Die Here is by my. Daarom is ek vir niks bang nie. Niemand kan iets aan my doen nie. Die Here help my. Mense wat nie van my hou nie, sal my nooit onderkry nie. Ek sal hulle wen. Dit is beter om die Here te vra om jou te beskerm, as om te hoop mense doen dit, al is hulle hoe belangrik. Mense wat nie van U hou nie, het my probeer onderkry. Maar ek het hulle gewen, want die Here het my gehelp. Die spul het my van alle kante bekruip. Maar die Here het my gehelp. Ek het hulle op hulle plek gesit omdat U by my was. Hulle het soos ’n swerm bye op my toegesak, maar hulle het verdwyn soos droë grassies wat in ’n vuur wegbrand. Die Here was by my, en ek het hulle gewen. Hulle het alles probeer om my te vernietig, maar die Here het my gehelp. Die Here beskerm my. Hy gee my krag. Hy het my uit die moeilikheid gehelp. Almal wat die Here dien, is baie bly omdat Hy hulle so uit die moeilikheid help. Hulle praat oor hoe Hy hulle help. Hy is baie sterk. Hy doen ongelooflike dinge. Die Here se kinders wen, want die Here is baie sterk. Ek sal nie doodgaan nie, maar bly lewe om oor al die groot dinge te praat wat die Here doen. Dit het maar swaar gegaan, maar die Here het gesorg dat ek nie doodgaan nie.

PSALMS 118:1-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” Laat dié wat vir die HERE ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. Die HERE is vir my; ek sal nie bang wees nie. Wat kan 'n mens aan my doen? Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaandes te vertrou. Alle nasies het my omsingel; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Hulle het my omsingel, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Hulle het my omsingel soos bye, maar hulle is geblus soos 'n vuur in doringstruike. In die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Julle het my hard gestamp, dat ek moes val, maar die HERE het my gehelp. My krag en sterkte was die HERE; Hy het my tot hulp gekom. Die geluid van jubelkrete en van verlossing klink op in die tente van regverdiges. Die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die HERE. Die HERE het my ernstig tereggewys, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie.

PSALMS 118:1-18 Bybel vir almal (ABA)

Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Die volk Israel moet sê: “Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.” Die Aäron-familie moet sê: “Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.” Die mense wat die Here dien, moet sê: “Ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.” Toe dit sleg gegaan het met my, het ek geroep en gevra dat die Here my moet help. Die Here het my geantwoord en Hy het my vrygemaak. Wanneer die Here by my is, dan is ek nie bang nie. Dan kan ander mense niks aan my doen nie. Wanneer die Here by my is en Hy help my, dan sal ek die mense oorwin wat my haat. Dit is beter om te vra dat die Here jou moet beskerm, beter as om te dink dat mense jou sal help. Dit is beter om te vra dat die Here jou moet beskerm, beter as om te dink dat belangrike mense jou sal help. Wanneer baie volke my aanval van al die kante, dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my. Wanneer hulle my aanval van al die kante, ja, wanneer hulle my van al die kante aanval, dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my. Wanneer hulle my van al die kante aanval soos bye en hulle word moeg soos doringtakke wat verbrand, dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my. Ek het amper geval, maar die Here het my gehelp. Die Here gee vir my krag, Hy maak my sterk, Hy laat my wen teen my vyande. Luister hoe sing die mense wat reg lewe in hulle huise, hulle sing want hulle het gewen. Die Here het sy hand opgetel en Hy het hulle gehelp, Hy het hulle laat wen. Die Here het sy hand hoog opgetel, Hy het hulle ver laat wen. Ek sal nie sterf nie, ek sal lewe en ek sal vertel wat die Here gedoen het. Die Here het my swaar gestraf maar Hy het my nie laat sterf nie.

PSALMS 118:1-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen? Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou. Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. Hulle het my omsingel soos bye — hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp. Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword. 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel. Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.

PSALMS 118:1-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” Laat dié wat vir die HERE ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. Die HERE is vir my; ek sal nie bang wees nie. Wat kan 'n mens aan my doen? Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaandes te vertrou. Alle nasies het my omsingel; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Hulle het my omsingel, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Hulle het my omsingel soos bye, maar hulle is geblus soos 'n vuur in doringstruike. In die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Julle het my hard gestamp, dat ek moes val, maar die HERE het my gehelp. My krag en sterkte was die HERE; Hy het my tot hulp gekom. Die geluid van jubelkrete en van verlossing klink op in die tente van regverdiges. Die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die HERE. Die HERE het my ernstig tereggewys, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie.

PSALMS 118:1-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Loof die HERE; want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Laat Israel nou sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is. Laat die huis van Aäron nou sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is. Laat die wat die HERE vrees, nou sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is. Ek het die HERE aangeroep in benoudheid; die HERE het my geantwoord en my op 'n groot plek gestel. Die HERE is aan my kant; Ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen? Die HERE neem my deel by die wat my help; daarom sal ek my begeerte sien oor die wat my haat. Dit is beter om op die HERE te vertrou as om op mense te vertrou. Dit is beter om op die HERE te vertrou as om op vorste te vertrou. Al die nasies het my omsingel, maar in die Naam van die HERE sal ek hulle vernietig. Hulle het my omsingel; ja, hulle het my omsingel, maar in die Naam van die HERE sal ek hulle vernietig. Hulle het my omsingel soos bye; hulle word uitgeblus soos die vuur van dorings, want in die Naam van die HERE sal Ek hulle vernietig. U het my swaar geslaan dat ek sou val, maar die HERE het my gehelp. Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword. Die stem van jubel en verlossing is in die hutte van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen dapper krag. Die regterhand van die HERE is verhewe, die regterhand van die HERE doen dapper krag. Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE verkondig. Die HERE het my swaar getugtig, maar Hy het my nie aan die dood oorgegee nie.