Loof die HERE, want Hy is goed! Sy goedheid duur vir altyd. Laat Israel sê: “Sy goedheid duur vir altyd.” Laat die huis van Aäron sê: “Sy goedheid duur vir altyd.” Laat almal wat die HERE dien, sê: “Sy goedheid duur vir altyd.” In my nood het ek tot die HERE gebid. Die HERE het my geantwoord en my bevry. Die HERE is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen? Die HERE is by my, Hy help my. Ek sal neersien op my haters. Dit is beter om by die HERE te skuil as om staat te maak op mense. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vername mense te vertrou. Al die nasies het my omsingel; in die Naam van die HERE het ek hulle afgeweer. Hulle het my inderdaad van alle kante omsingel, maar in die Naam van die HERE het ek hulle afgeweer. Soos bye het hulle om my geswerm, maar soos brandende doringtakke is hulle geblus. In die Naam van die HERE het ek hulle afgeweer. Hulle het probeer om my heeltemal om te stoot, maar die HERE het my gehelp. Die HERE is my sterkte en my beskerming; Hy het my redder geword. Vreugdeliedere van redding word gesing in die tente van die regverdiges. Die HERE se regterhand het roemryke dinge gedoen. Die HERE se regterhand is triomfantlik omhoog. Die HERE se regterhand het roemryke dinge gedoen. Ek sal nie sterf nie, maar lewe, en van die HERE se werke vertel. Die HERE het my swaar gestraf, maar nie aan die dood oorgegee nie.
Lees PSALMS 118
Luister na PSALMS 118
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 118:1-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's