Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” Laat dié wat vir die HERE ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. Die HERE is vir my; ek sal nie bang wees nie. Wat kan 'n mens aan my doen? Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaandes te vertrou. Alle nasies het my omsingel; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Hulle het my omsingel, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Hulle het my omsingel soos bye, maar hulle is geblus soos 'n vuur in doringstruike. In die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. Julle het my hard gestamp, dat ek moes val, maar die HERE het my gehelp. My krag en sterkte was die HERE; Hy het my tot hulp gekom. Die geluid van jubelkrete en van verlossing klink op in die tente van regverdiges. Die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die HERE. Die HERE het my ernstig tereggewys, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie.
Lees Psalms 118
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 118:1-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's