SPREUKE 29:9-11
SPREUKE 29:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas, raak die dwaas opgewonde en beledigend, en kom daar nie vrede nie. Moordenaars haat 'n onskuldige mens; mense wat reg lewe, probeer sy lewe red. 'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede; 'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.
SPREUKE 29:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n wyse mens 'n dwaas beskuldig, dan hou die dwaas aan om te raas en om die wyse mens te beledig. Moordenaars haat iemand wat heeltemal reg lewe, maar eerlike mense probeer om so 'n persoon se lewe te red. Wanneer 'n dwaas kwaad is, dan sê hy alles wat hy dink, 'n wyse mens bly kalm.
SPREUKE 29:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring. Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes. 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.
SPREUKE 29:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas, raak die dwaas opgewonde en beledigend, en kom daar nie vrede nie. Moordenaars haat 'n onskuldige mens; mense wat reg lewe, probeer sy lewe red. 'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede; 'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.
SPREUKE 29:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As 'n wyse mens betrokke raak in 'n hofsaak met 'n sot, is die sot senuweeagtig en giggel sonder ophou. Mense wat bloed vergiet, haat 'n onberispelike mens; maar opregtes, hulle is begaan oor sy lewe. 'n Dwaas gee vrye teuels aan al sy gevoelens, maar 'n wyse bedwing sy gevoelens uiteindelik.
SPREUKE 29:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As 'n wyse man met 'n dwase twis, of hy kwaad is of lag, is daar geen rus nie. Die bloeddorstige haat die opregte, maar die regverdige soek sy siel. 'n Dwaas spreek sy hele verstand uit, maar 'n wyse man bewaar dit tot daarna.
SPREUKE 29:9-11 Die Boodskap (DB)
Dis nie die moeite werd om met ’n dom mens te argumenteer nie. Hy lag jou net uit. Daar kom nie rus nie. Mense wat ander graag seermaak, hou niks van gelowiges nie. Vir hulle wat die Here ken, is die lewe wonderlik. ’n Dom mens verloor oral en altyd sy humeur. ’n Wyse beheer homself.
SPREUKE 29:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer ’n wyse man ’n hofsaak maak teen ’n dwaas, sal die dwaas heftig raak en hom beledig. Daar sal nie kalmte in die hofsaal wees nie. Moordenaars haat ’n opregte mens; eerlike mense help mense wat eerbaar lewe. ’n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.