SPREUKE 29:9-11

SPREUKE 29:9-11 AFR83

Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas, raak die dwaas opgewonde en beledigend, en kom daar nie vrede nie. Moordenaars haat 'n onskuldige mens; mense wat reg lewe, probeer sy lewe red. 'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede; 'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.